Haleakalā
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Haleakalā | |
|
|
Hoogte | 3 055 meter |
Breedtegraad | {{{graad1}}}° {{{minuut1}}}' |
Lengtegraad | {{{graad2}}}° {{{minuut2}}}' |
Koördinate | 20°42′35″N, 156°15′12″W' |
Ligging | Maui, Hawaiï (VSA) |
Gebergte | Hawaiï-Emperor-bergreeks |
Eerste bestyging | |
Eenvoudigste roete | Geasfalteerde pad |
Ouderdom gesteente | < 1 miljoen jaar |
Tipe | Skildvulkaan |
Laaste uitbarsting | ~ 17de eeu |
{{{overig}}} |
Haleakalā of East Maui Volcano is 'n massiewe skildvulkaan wat meer as 75 persent van die oppervlakte van die eiland Maui (Hawaiï, Verenigde State) beslaan. Die Hawaiïese naam beteken letterlik "Huis van die Son" en verwys vermoedelik na die feit dat die son vir die bewoners van die westelike en sentrale dele van die eiland Maui oor hiedie berg opgaan.
Haleakalā is die enigste vulkaan van die Hawaiï-eilandketting buite die hoofeiland Hawai'i wat in die laaste 600 jaar aktief was. Tot onlangs het navorsers aangeneem dat die laaste uitbarsting omstreeks 1790 plaasgevind het. Nuwe radiokoolstofdaterings dui egter daarop dat Haleakalā vir die laaste keer in die periode tussen 1450 en 1650 uitgebars het.
Met 'n radius van 34 kilometer is die krater van Haleakalā een van die grootstes op aarde.