Dewey klassifikasiestelsel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Dewey klassifikasiestelsel is 'n soort klassifikasiestelsel wat hoofsaaklik in biblioteke en bronnesentrums gebruik word om naslaanwerke te rangskik. Fiksie word alfabeties gerangskik volgens die eerste drie letters van die skrywer se van. Volgens die Dewey klassifikasiestelsel word inligting in tien hoofkategorieë verdeel:
000 - 099 Algemene werke
100 - 199 Filosofie
200 - 299 Godsdiens
300 - 399 Sosiale wetenskappe
400 - 499 Taalwetenskap
500 - 599 Wetenskap en wiskunde
600 - 699 Toegepaste wetenskap en nywerheidskunds
700 - 799 Kuns en ontspanning
800 - 899 Letterkunde
900 - 999 Geskiedenis, Aardrykskunde, biografie
Die tien hoofkategorieë word dan elk weer in tien subkategorieë verdeel. In die handboek van die Dewey klassifikasiestelsel word onderwerpe alfabeties gegee. Mens kan 'n onderwerp daarin naslaan om die nommer wat gesoek word (byvoorbeeld tennis), te vind.
Alhoewel baie biblioteke vandag slegs oor 'n digitale katalogus op rekenaar beskik, het die meeste nog 'n kaartkatalogus wat in drie dele verdeel is, naamlik skrywers, onderwerpe en titels.