See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Arachnofobie - Wikipedia

Arachnofobie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Arachnofobie (vanaf die Grieks Αραχνοφοβία , wat 'n vrees vir spinnekoppe beteken ), is die abnormale vrees vir spinnekoppe; 'n baie algemene fobie. Die vrees lyk ontoepaslik vir andere (en voel soms so vir die lyer self ook). Diegene met die vrees is geneig om ongemaklik te voel in 'n area waar spinnekoppe waarskynlik kan voorkom.

Inhoud

[wysig] Teorieë van oorsake

'n Spinnekop op sy web
'n Spinnekop op sy web
  • Vroeëre spekulasie was dat die fobie onstaan weens die graadverskil in voorkoms tussen die mens en die spinnekop, maar dit is bewys dat hierdie teorie nie water hou nie, deurdat daar baie ander lewensvorme is wat baie meer verskil van die menslike vorm en nie dieselfde graad of frekwensie van fobiese reaksie ontlok nie.
  • Nog 'n teorie het hom bemoei met die groot verskil in liggaamsgroote tussen mens en spinnekop; en die vinnige en onvoorspelbare manier waarop spinnekoppe beweeg. Daar is ook nie goeie navorsing om dié teorie te steun nie.
  • Nog 'n ander teorie behels dat die gevaarlikheid van sekere spinnekopspesies die rede vir die fobie is. 'n Probleem met die teorie is byvoorbeeld dat, tussen 1000 en 5000 persone per jaar sterf as gevolg van die steek van 'n skerpioen en ten spyte daarvan is 'n fobie vir skerpioene nie so algemeen is nie.
  • Die sterkste getuienis bestaan rondom die teorie dat die fobie 'n vorm van aangeleerde gedrag is. Die blootstelling aan 'n spinnekop (die neutrale gebeure) gaan gepaard met 'n kondisioneringsgebeure (soos die aanskoue dat 'n ouer daaroor ontsteld is) wat 'n gekondisioneerde emosionele effek tot gevolg het (in dié geval vrees en vermyding). Die volgende keer wat daar blootstelling is aan die spinnekop, wek die eens neutrale blootstelling nou vrees op, ten spyte daarvan dat die ouer afwesig kan wees en nie daar is om die onsteltenis te toon nie.

[wysig] Behandeling

  • Die mees effektiewe behandeling teen arachnofobie is blootstellingsterapie, gebaseer op die beginsel dat blootstelling stadigaan die angs verminder (en die teenoorgestelde is ook waar: vermyding vermeerder die angs geassosieerd met die fobie)

[wysig] Sien ook

[wysig] Eksterne skakel

[wysig] Bron

Die artikel is losweg geskoei op


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -