AMD
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Advanced Micro Devices, Inc. (Afrikaans: gevorderde mikro-apparate) (verkort AMD) is 'n Amerikaanse vervaardiger van halfgeleiertoestelle gesetel in Sunnyvale, Kalifornië. Die besigheid is gestig deur `n groep voormalige werkers van Fairchild Semiconductor, ingesluit in die groep is Jerry Sanders, Edwin Turney, John Carey, Sven Simonsen, Jack Gifford en drie lede van Gifford se span, Frank Botte, Jim Giles, en Larry Stenger. Die huidige voorsitter is Héctor Ruiz.
AMD is die wêreld se tweede grootste x86 gegronde verwerkers asook die wêreld se derde grootste verskaffer van grafiese verwerkingseenhede, nadat hulle vir ATI in 2006 oorgekoop het. AMD het ook 21% aandele in Spansion, `n verskaffer van nie-vlugtige flitsgeheue.