See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
3. Liga - Wikipedia

3. Liga

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Logo van die 3. Liga
Logo van die 3. Liga

Die 3. Liga oftewel Dritte Liga sal die derde hoogste vlak van Duitse sokker wees. Die liga bestaan tans nog nie, maar sal met ingang van die 2008/09-seisoen van krag word.

Die Regionalliga, wat tans uit twee stapels bestaan (Noord en Suid), sal met die inwerkingtreding van die 3. Liga die vierde vlak van Duitse sokker word en uit 3 stapels bestaan.

[wysig] Reserwespanne

Anders as die Bundesliga en die 2. Bundesliga, sal reserwespanne in die 3. Liga toegelaat word. In ruil vir hierdie reg sal hulle egter voortaan nie meer aan die DFB-Pokal mag deelneem nie.

In die nuwe kompetisie-opset sal ‘n maksimum van 4 reserwespanne in die eerste seisoen mag meeding, maar daarna sal hulle gepromoveer en gerelegeer word net soos enige ander klub.

[wysig] Modus

Die 3. Liga sal uit ‘n enkele stapel van 20 spanne bestaan. Vir die eerste seisoen sal die spanne as volg saamgestel word:

  • Die 4 spanne wat uit die 2. Bundesliga gerelegeer word.
  • Die spanne wat 3de tot 10de eindig in elk van die Regionalliga Suid en Noord (die spanne wat eerste en tweede eindig promoveer na die 2. Bundesliga).

Aan die einde van die eerste seisoen (2008/09) sal die klubs wat eerste en tweede eindig direk na die 2. Bundesliga promoveer (behalwe reserwespanne, wat nie kwalifiseer vir 2. Bundesliga-lisensies nie). Die klub wat derde eindig sal ‘n uitspeelwedstryd speel teen die span wat derdelaaste eindig in die 2. Bundesliga.

Die laaste drie spanne onder aan die punteleer van die 3. Liga sal jaarliks relegeer na die Regionalliga, terwyl die klubs wat eerste eindig in elk van die drie Regionalligastapels promoveer na die 3. Liga.

[wysig] Lisensiëring

Klubs wat in die 3. Liga wil meeding sal om ‘n lisensie moet aansoek doen, net soos vir die ander Duitse ligas. Lisensiëring is onderhewig aan gesonde finansies, ‘n funksionele jeugafdeling en sekere veiligheidstandaarde by die klub se tuisveld. Die tuisveld sal verder ‘n kapasiteit van mistens 10 000 moet hê om vir ‘n lisensie te kwalifiseer.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -