Tripoli
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tripoli طرابلس |
|||
|
|||
Ligging van Tripoli in Libië (in rooi) | |||
Land | Libië | ||
---|---|---|---|
Sha'biyah | Tripoli Sha'biyah | ||
Regering | |||
- Hoof van die volkskomittee | Abdullatif Abdulrahman Aldaali | ||
Oppervlak | |||
- Stad | 400 km² (154,4 sq mi) | ||
Hoogte | 81 m (266 ft) | ||
Bevolking (2004) | |||
- Stad | 1 682 000 | ||
- Digtheid | 5,796/km² (15/myl2) | ||
Tydsone | EET (UTC+2) | ||
- Somer (DST) | nie in gebruik nie (UTC+2) | ||
Webwerf: http://www.tripoli.info |
Tripoli (Arabies: طرابلس Ṭarābulus - ook طرابلس الغرب Ṭarā-bu-lus al-Gharb[1] Libiese omgangstaal: Ṭrābləs afgeleis van naam vir drie-stede Grieks: Τρίπολη, Turks: Trablus) is diehoofstad en grootste stad van Libië.
Tripoli het 'n bevolking van 1,69 miljoen mense. Die stad is in die noordweste van die land gelë op die randjie van die woestyn op 'n rotsagtige landpunt wat in die Middellandse See in strek en 'n baai vorm. Tripoli is in die 7de eeu deur die Feniciërs gestig wat dit Oea genoem het.[2]
Tripoli is die grootste stad, hoofhawe en die grootste kommersiële en vervaardigingsenbtrum in Libië. Dit huisves ook die Al-Fateh Universiteit. As gevolg van die stad se lang geskiedenis is daar talle belangrike argeologiese tereine in Tripoli. Die klimaat is tipies middetireens met warm droë somers en koel winters en beskeie reënval.
"Tripoli" kan ook verwys na 'n "Sha'biyah" , die hoogste vlak administratiewe onderafdeling in die huidige Libiese regeringstelsel.