Steenberg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Alhoewel gewoonlik na Constantia as die oudste wynplaas in Suid-Afrika verwys word, is Steenberg volgens 'n aantal bronne nog twee jaar vroeër in 1682 gestig. Die wyngoed teen die oostelike hellings van die Tafelberg lewer vandag nog steeds wyne van hoë gehalte.
Die wynplaas beskik oor 'n hotel en 'n restourant, maar staan veral bekend vir sy 18-putjie-gholfbaan, wat 'n pragtige uitsig oor die Valsbaai bied.