Tafelberg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tafelberg | |
Hoogte | 1 086 meter |
Breedtegraad | {{{graad1}}}° {{{minuut1}}}' |
Lengtegraad | {{{graad2}}}° {{{minuut2}}}' |
Koördinate | 33°57′00″S, 18°25′00″O' |
Ligging | Wes-Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Gebergte | |
Eerste bestyging | 1503 deur Antonio de Saldanha |
Eenvoudigste roete | stap |
Ouderdom gesteente | |
Tipe | sandsteen |
Laaste uitbarsting | |
{{{overig}}} |
Tafelberg is 'n berg in Suid-Afrika wat uitkyk bo-oor Kaapstad en sy omgewings. Dit het 'n kenmerkende plat bokant en is omtrent drie kilometer van punt tot punt.
As 'n mens suid oor die stad uitkyk na Tafelberg sien jy links (oos) die driehoekige Duiwelspiek (1 000 m) en regs die ronde Leeukop (669 m) en Seinheuwel. Dit is die noordelike punt van 'n reeks berge wat afstrek deur die lengte van die Kaapse Skiereiland. Die bokant word gereeld deur wolke bedek, bekend as die "tafeldoek".
Die berg se hoogste punt is by Maclear se baken, en is 1 086 m (3 563 voet) bo seespieël. Hierdie punt is vernoem na die klipstapelbaken wat in 1865 deur Sir Thomas Maclear daar gebou is vir trigonometriese landmeting. Maclear se baken is nie veel van 'n piek nie — dit is die hoogste punt op die plato en slegs 19 m hoër as die kabelkar-stasie wat op 1 067 m is. 'n Berugte gevaarlike ligging is Carrel se lys, wat 'n ononderbroke val (aan die middel bo van die foto getoon) is, nie ver van Maclear se baken nie.
Tafelberg is ook in 'n unieke posisie deurdat dit die enigste aardskenmerk is wat sy naam aan 'n sterrebeeld ontleen: "Mensa", wat "die tafel" beteken. Die berg word regop gesien in die Suidelike Halfrond, onder Orion, rondom middernag in middel Julie. Dit is vernoem deur die Franse sterrekundige Nicolas de Lacaille gedurende sy verblyf aan die Kaap in die middel 18e eeu.
Inhoud |
[wysig] Die kabelkar
Tafelberg het 'n kabelkar aan die westelike punt wat besoekers na die bokant neem; dit is ook 'n populêre toeristebestemming. Benewens die ongelooflike uitsigte is daar 'n restaurant, curiowinkels en duidelik gemerkte wandelpaaie aan die bokant van die berg.
Beide die kabelkarstasies is sigbaar aan die regterkant van die beeld.
Die kabelkar is net in werking tydens goeie weerstoestande, omdat sterk winde dit gevaarlik maak. Besoekers moet hul kabelkaruitstappie beplan vir mooi dae (wanneer daar nie 'n "tafeldoek" bo-op die berg lê nie), omdat dit die uitsig belemmer.
Die kabelkar is geopen op 4 Oktober 1929, en 'n verbeterde kar is op 4 Oktober 1997 ingewy, wat die dravermoë verbeter het van 25 na 65 persone. Die nuwe kar is rond en draai in die rondte terwyl dit beweeg, om 'n goeie uitsig aan almal te bied.
[wysig] Bergklim en wandel
Sien die "Eksterne Skakels"-afdeling laer af vir roetegidse. Tafelberg is nie 'n verskriklik gevaarlike berg nie, maar die volgende raad behoort gevolg te word:
- Neem 'n hoed en sonroom, veral as jy nie gewoond is aan die Suid-Afrikaanse son nie.
- Neem 'n warm kledingstuk saam, selfs as jy dink dat jy dit nie nodig gaan hê nie. Die weer is koeler aan die bokant, en verander vinnig. Jy kan jouself binne 'n wolk bevind, of dit kan koud en nat met 'n koue wind wees. As daar enige moontlikheid van slegte weer is, neem waterbestande klere. Die bokant van Tafelberg is omtrent die enigste plek in die Kaapse Skiereiland wat ryp op koue wintersaande kry.
- Neem water. Die bergstrome is drinkbaar indien dit donkerbruin deur die plantegroei gekleur is, maar dit mag droog wees in die somer en 'n risiko van ontwatering bestaan.
- Moenie vure buite die gemerkte areas begin nie: daar kom té veel bergvure in die somer voor. Daar is geen vuurmaakplek aan die bokant nie.
- Neem 'n kaart of iemand wat die area ken saam.
- Stel iemand in kennis waarheen jy gaan. Moenie alleen stap nie, en moenie van die pad afdwaal in die donker of mis nie. Daar is 'n paar afgronde en doodloopklowe wat fataal kan wees.
- 'n Mens kan moontlik plek-plek ontvangs op jou selfoon kry (veral op plekke waar jy uitkyk oor die stedelike gebiede om die berg), maar moenie daarop reken nie.
[wysig] Plante en diere
Die plantegroei op die berg is die unieke en ryk Kaapse Fynbos. 'n Geskatte 1470 plantspesies word op die berg gevind.
Die mees algemene dier op die berg is die dassie, 'n dier soos 'n haas-grootte bruin marmot. Hulle kom veral saam voor by die boonste kabelkarstasie, by die bronne van gemorskos. 'n Mens kan moontlik bobbejane, 'n paar slange en skilpaaie ook vind, asook 'n paar Himalaaise tahrs wat afstammelinge is van ontsnaptes uit 'n dieretuin in die 1930s; hulle is besig om uitgeroei te word vanaf die berg. Die laaste leeu in die area is geskiet rondom 1802.
[wysig] Geskiedenis
Die eerste persoon wat gedokumenteer is om die berg te bestyg was Antonio de Saldanha in 1503. Drie damme, die Woodhead, Hely-Hutchinson en De Villiers reservoirs, is gebou in die 1800s om Kaapstad se watervoorsiening aan te vul, en 'n kabelkar wat na Kampsbaai afgedaal het is aangebou om materiale en mannekrag te vervoer. Die kabelkar is lank reeds vervang, maar die ankerpunte van die ou boonste stasie kan steeds gesien word. Kaapstad se watervereistes het lankal die damme se kapasiteit oorskry. Hulle maak dus nie meer deel uit van die watervoorsiening nie.
Die berg is beskerm in die 20e eeu, en is 'n nasionale park vanaf 1998.
[wysig] Die berg in Kaapstad
Die stad Kaapstad omring deesdae die berg; plaaslike inwoners gebruik die berg as 'n landmerk om rigting en afstand te skat soos hulle navigeer deur die stad.
[wysig] Galery
Tafelberg vanaf Vlaeberg, Kaapstad gesien. |
Tafelberg soos gesien vanaf 'n pier in Kaapstad se hawe. |
[wysig] Eksterne skakels
- Table Mountain Aerial Cableway Company, indien jy na die bokant wil reis.
- Nature South Africa, vir aanwysings indien jy wil loop. Sluit skakels na kaarte in.
- Table Mountain National Park, vir meer inligting.