Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Michail Gorbatsjof - Wikipedia

Michail Gorbatsjof

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Michail Gorbatsjof
Michail Gorbatsjof

Michail Gorbatsjof (Russies Михаил Горбачёв) was een van die invloedrykste Russiese politici van die laaste kwart van die twintigste eeu. Onder sy politieke leierskap het die politieke, sosiale en ekonomiese landskap van die Sowjetunie drasties verander - die magtige Kommunistiese Party wat vir langer as sewentig jaar die USSR met 'n ystervuis regeer het, het binne ses jaar sy krag verloor en die land is in 'n nuwe politieke en ekonomiese bedeling ingeskiet. Die veranderinge in die USSR het 'n kringeffek op internasionale verhoudings gehad: superkragverhoudings het verskuif met die beëindiging van die Koue Oorlog, die wapenwedloop het beduidend afgeneem, die politieke kaart van Europa het vinnig verander en die Berlynse Muur het geval wat gelei het tot die hervereniging van Duitsland. Die wêreld van die tagtigerjare was nie dieselfde as die wêreld van die negentigerjare nie, omdat Gorbatsjof, wat nog sy hele lewe 'n lojale lid van die Kommunistiese Party was, die moed gehad het om sewentig jaar van kommunistiese ideologie te bevraagteken. Sy pogings om die Sowjetstelsel te hervorm het onder sy opvolger, Boris Jeltsin, gelei tot die algehele aftakeling van kommunisme. Deur sy ampsbekleding as sekretaris-generaal van die sentrale komitee (19851990) en as president van die USSR (19901991), het Gorbatsjof twee beleide geïmplementeer wat verreikende gevolge gehad het: glasnost (oopheid) en perestroika (herstrukturering). Onder glasnost het Gorbatsjof ongekende vryheid van spraak in die USSR ingestel. Perestroika was 'n poging om die politieke stelsel te demokratiseer en om 'n sukkelende, burokraties opgeblaasde en onproduktiewe ekonomie op te knap deur beperkte vryemarkbeleide in te stel. In 1989 het Gorbatsjof se verdraagsaamheid teenoor die antikommunistiese protes in Oos-Berlyn gelei tot die verkrummeling van die Berlynse Muur - 'n gebeurtenis wat 'n sneeubaleffek gehad het oor die oos-Europese state wat sedert die veertigerjare onderworpe was aan kommunistiese beheer. Dit het ook vir Bulgarye, Tsjeggo-Slowakye, Hongarye, Pole en Roemenië aangemoedig om voor die einde van die jaar die kommunistiese beheer omver te werp. Gemotiveer deur die oos-Europese suksesse, het die klein Russiese provinsie van Litaue in 1990 die land se onafhanklikheid van USSR aangekondig. In plaas daarvan om hierdie interne opstand gewelddadig te onderdruk, het Gorbatsjof met relatiewe selfbeheersing opgetree. 'n Golf van nasionalisme het deur die USSR beweeg en teen 1990 was elkeen van die vyftien Sowjet-republieke onafhanklik of 'n soewereiniteit. In 1990 het Gorbatsjof die Nobelprys vir Vrede ontvang.

[wysig] Lewensgeskiedenis

Michail Sergejewitsj Gorbatsjof is op 2 Maart 1931 in 'n klein Russiese dorpie in die Stawropol-krai (gebied) gebore. Sy pa was 'n kleinboer wat voor die Tweede Wêreldoorlog as trekkerdrywer en na die oorlog as ekonoom en amptenaar van die Kommunistiese Party gewerk het. Op die ouderdom van veertien jaar het Gorbatsjof in die somer as trekkerdrywer op 'n kolchos gewerk. Hy het in 1946 'n lid van die Komsomol (Russiese Jeugliga) geword en in 1950 by die Moskou Staatsuniversiteit se regsfakulteit begin waar hy Komsomol-sekretaris van die fakulteit was. In 1952 het hy 'n vol lid van die Kommunistiese Party geword en in die volgende drie dekades deur die Kommunistiese range opbeweeg. In 1956 het Gorbatsjof met Raisa Titorenko, vorige student van filosofie by die Moskou Staatsuniversiteit, getrou. Hulle het in dieselfde jaar 'n dogter, Irina, gehad. Raisa, wat intelligent en stylvol was, is positief deur die Weste beskou en het daarom Gorbatsjof se internasionale beeld verbeter met besoeke aan verskeie belangrike Westerse leiers soos Ronald Reagan en Margaret Thatcher. Gorbatsjof het in 1980 'n lid van die Politburo geword en steeds sy mag gekonsolideer. Op 11 Maart 1985 is hy verkies tot hoofsekretaris van die sentrale komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie - 'n pos wat hy tot 1990 beklee het toe hy president van die Sowjetunie geword het. Teen 1991 het Gorbatsjof se pogings om die Sowjetunie se politieke stelsel te demokratiseer en sy ekonomie te desentraliseer gelei tot 'n poging tot 'n staatsgreep deur volhardende Kommuniste wat nie van verandering hou nie. Die Russiese president Boris Jeltsin het egter die staatsgreep teengestaan. Op Kersdag 1991 het Gorbatsjof bedank as president van die USSR wat met onmiddellike effek ontbind het. In 1996 het hy 'n politieke terugkeer probeer maak, maar 'n vernietigende nederlaag by die stembusse gely.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu