Koers
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Koerse taal (Lets: kuršu valoda; Litaus: kuršių kalba) val onder die Indo-Europese tale, meer spesifiek die Baltiese Tale. Dit is oorspronlik in Koerland (Suid-Letland) en in noordelike Oospruise gepraat. Dit is nie duidelik of Koers tot die Wes- of Oos-Baltiese groepe in die Baltiese tale hoort nie. Volgense een nie-onomstrede mening handel dit om 'n Wes-baltiese taal, wat later as gevolg van die invloed van Oos-Baltiese tale tot 'n Oos-Baltiese tipe ontwikkel het. So onlangs as die 18de eeu was Koers 'n baie lewendige taal. Dit word egter daarna deur Duitse, toe Russiese en uiteindelik Letse invalle verdring. In omstreeks 1930 is Koers nog deur 9500 sprekers in Koerland en in die Duitse Memelbekken gebruik, as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog en verdrywing in Oospruise het daar teen 1950 slegs 2500 sprekers oorgebly.
[wysig] Toekoms
Om die taal te bewaar, word daar met behulp van die laaste Koers-sprekendes (2004: agt mense) 'n stel Koerse-handboeke uitgegee. 'n Sleutel figuur in die verband is Richard Pietsch, een van die oorblywende Koers sprekers en outeur van die Deutsch-Kurische Wörterbuch (Duits-Koerse Woordeboek) [1] en die tweetalige boek Fischerleben auf der Kurischen Nehrung (Visserslewe op die die Koerse skoorwal) [2].
[wysig] Ontwikkeling in die sprekertal oor die loop van tyd
Jaar | Aantal sprekers |
---|---|
1620 | ongeveer 150 000 |
1871 | 16 842 |
1905 | 14 987 |
1930 | 9 500 |
1950 | 2 500 |
2004 | sover bekend 8 |
[wysig] Eksterne skakels
- Duits: Sprachgeschichten - Nur Richard Pietsch beherrscht noch das Kurische
- Die Indo-Europee Databasis (TIED) webwerf wat daarop gemik is om inligting te verskaf oor die taal, geskiedenis en kultuur van Indo-Europese bvolkingsgroepe.
- Die ou man en die taal (Duits: Der alte Mann und die Sprache artikel oor Richard Pietsch een van die laaste agt Koerse sprekers.
- Resensie oor: "Der letzte Elch" Sandkastenspiele - oor gesprek met Richard Pietsch.
- Ethnologue inskrywing oor Pruisies waarin Koers (Engels: Curonian) as uitgesterf beskryf word.
- Arikel in Duits oor die Koere
Indo-Europese tale: Satem-tale: Baltiese tale | ||
---|---|---|
Oos-Baltiese tale: | ||
Lets | Litaus | Selonies † | Semigallies † | Samogities | ||
Wes-Baltiese tale: | ||
Koers | Oudpruisies † | Galindies † | Sudowies |