Karoo
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Karoo is 'n halfwoestyn wat 'n groot deel van die suidweste van Suid-Afrika beslaan. Karoo is 'n Khoi-woord wat beteken ‘droog’, ‘harde grond’, so genoem na die aard van die landstreek. Die Khoi het met hul veekuddes oor die uitgestrekte Karooveld rondgetrek. Die naam "Caro" kom die eerste keer voor in die resolusies van die Politieke Raad op 4 Februarie 1794. Die koloniste het hierdie gebied aanvanklik die Droogeveld genoem, wat ’n vertaling van die Khoi-pleknaam was. [1]
[wysig] Verwysings
- ^ Resolusies van die Politieke Raad 4/2/1794, C. 221