Gallia Cisalpina
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gallia Cisalpina (Latyn: "Gallië duskant die Alpe") of Cisalpynse Gallië was 'n provinsie van die Romeinse Republiek in die grondgebied van moderne Noordelike Italië (insluitend Emilia-Romagna, Friuli-Venezia Giulia, Ligurië, Lombardye, Piëmont, Trentino-Alto Adige/Suid-Tirol en Veneto). Soms is daar ook na die gebied as Gallia Citerior (Herwaarts Gallië), Provincia Ariminum, of Gallia Togata (Toga-draende Gallië, wat dui op die gebied se vroeë Romanisering) verwys. Gallia Transpadana het verwys na die deel van Gallia Cisalpina tussen die Po en die Alpe. Die provinsie is uit Mutina (vandag Modena) regeer, waar magte onder Spartacus in 73 v.C. die legioen van Gaius Cassius Longinus, die provinsiale goewerneur, verslaan het.
Die Rubiconriver het die suidelike grens met met die eintlike Italia aangedui, en dit was met die kruising van die rivier in 49 v.C. wat Julius Caesar, met sy oorloggeharde legioene na die verowering van Gallië, die Romeinse Republiek in burgeroorlog gedompel het wat uiteindelik gelei het na die daarstel van die Romeinse Ryk as 'n soort monargistiese militêre diktatuur.
Die provinsie is in Italia opgeneem in ongeveer 43–42 v.C., as deel van Keiser Augustus se "Italisifering" program tydens die Tweede Triumviraat. Die einde van die provincia het 'n nuwe administratiewe wet of lex vereis waarvan die kontemporêre titel egter onbekend is. Die dele daarvan wat op 'n bronstablet gegraveer is wat in die museum by Parma bewaar word is geheel en al met die regterlike gesag bemoei; die lex stel twee viri en vier viri juri dicundo aan. Die lex verwys ook na 'n Prefek of Mutina. [1] Virgil is in Gallia Cisalpina gebore en is die beroemste seun van die provinsie.