Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Edmund Hillary - Wikipedia

Edmund Hillary

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Sir Edmund Hillary

Gebore 20 Julie 1919
Auckland, Nieu-Seeland
Oorlede 11 Januarie 2008
Auckland, Nieu-Seeland
Titel Sir
Salaris
Termyn in amp
Voorganger
Opvolger
Politieke party
Godsdienstige Oortuiging
Huweliksmaat Louise Mary Rose (1953-1975), June Mulgrew (1989-2008)
Kinders Peter (1954), Sarah (1955), en Belinda (1959-1975)
Webwerf:

Sir Edmund Percival Hillary, (20 Julie 191911 Januarie 2008) was 'n Nieu-Seelandse bergklimmer en ontdekkingsreisiger. Op 29 Mei 1953 het Hillary saam met Sjerpa-bergklimmer, Tenzing Norgay, die eerste persone geword wat die piek van Mount Everest bereik het. Hulle was deel van die negende Britse ekspedisie na Everest, onder leiding van John Hunt.

Inhoud

[wysig] Jeug

Edmund Hillary was gebore aan Percival Augustus Hillary en Gertrude Hillary (née Clark) in Auckland op 20 Julie 1919.[1] Sy grootouers was vroeë setlaars aan die noordelike Wairoa-rivier in die middel van die 19de eeu, ná hulle uit Yorkshire in Engeland geëmigreer het.[2] Hillary het by die Auckland Grammar School skoolgegaan; sy busrit skool toe en terug was saam meer as vier uur en hy het die tyd gebruik om te lees. Aangaande hy groter geword het was hy steeds kleiner as sy klasmaats en baie skaam; gevolglik het hy toevlug in sy boeke gevind en gedroom van 'n lewe wat met avontuur gevul is. Op die ouderdom van 16 het hy begin belangstel in bergklimmery ná 'n skooluitstappie na Mount Ruapehu. 'n Slungelagtige Hillary het met verbasing geleer dat hy fisies sterk was en beter uithouvermoë as sy medeklimmers gehad het. In 1939 het hy sy eerste groot bergklim voltooi na hy die piek van Mount Oliver in die Suidelike Alpe bereik het.

Hillary het saam met sy broer, Rex, 'n byeboer geword,[1][3] 'n somerwerk wat hom toegelaat het om berge te klim in die winter.[4]

[wysig] Tweede Wêreldoorlog

In 1943 het Hillary as 'n navigator by die Koninklike Nieu-Seelandse Lugmag aangesluit waar hy op PBY Catalina-vliegbote gedien het. In 1945 is hy na Fidji en die Salomonseilande gestuur. Hy het daar ernstige brandwonde opgedoen tydens 'n bootongeluk en is hy na Nieu-Seeland gerepatrieer.

[wysig] Ekspedisies

Voor hy by die suksesvolle Britse poging in 1953 aangesluit het, was Hillary deel van 'n Britse verkenningstog na Everest in 1951, onder leiding van Eric Shipton.

In 1952 was Hillary en George Lowe deel van die Britse span (weereens onder leiding van Eric Shipton) wat probeer het om die sesde hoogste berg ter wêreld, Cho Oyu in die Himalaja, te klim. Die poging het gefaal, te wyte aan die tekort aan 'n behoorlike roete vanaf die Nepalese kant. Hillary en Lowe het deur die Lho-La-bergpas Tibet ingegaan en die ou Kamp II op die noordelike kant bereik, waar alle vooroorlogse ekspedisies gekampeer het.

[wysig] Everest-ekspedisie van 1953

Die roete na Everest was gesluit deur Sjinees-beheerde Tibet en Nepal het slegs een ekspedisie per jaar toegelaat. 'n Switserse ekspedisie (waaraan Tenzing Norgay ook deelgeneem het) het probeer om die piek in 1952 te bereik, maar moes as gevolg van slegte weer op 'n hoogte van 260 m vanaf die piek terugkeer. Tydens 'n 1952-toer in die Alpe het Hillary uitgevind dat hy en sy vriend, George Lowe, uitgenooi is vir die goedgekeurde 1953 Britse probeerslag; het het die uitnodiging onmiddelik aangeneem.[5]

Die poging sou oorspronklik onder leiding van Eric Shipton plaasvind, maar dié is later vervang deur John Hunt. Hillary het dit oorweeg om te onttrek, maar beide Hunt en Shipton het hom oorreed om deel van die groep te bly. Hillary het beplan om saam met George Lowe te klim, maar Hunt het twee spanne vir die aanslag aangekondig: Tom Bourdillon en Charles Evans; en Hillary en Tenzing. Na die aankondiging het Hillary 'n doelbewuste poging aangewend om 'n vriendskap met Tenzing te sluit.[5]

Die Hunt-ekspedisie was, soos baie ander sulke ekspedisies, 'n spanpoging. Lowe het toesig gehou oor die voorbereiding vir die Lhotse-wand, 'n reusagtige, styl yswand. Hillary het 'n roete deur die verraderlike Khumbu-ysval beplan.[5]

Die ekspedisie het hulle basiskamp in Maart 1953 opgerig. Stadig maar seker het hulle die finale kamp by die Suidelike Pas op 'n hoogte van 7900 m opgerig. Op 26 Mei het Bourdillon en Evans die klimtog aangepak, maar hulle moes terugkeer na Evan se suurstofstelsel die gees gegee het. Die paartjie het die Suid-pas bereik, slegs 100 m vanaf die piek.[6] Daarna het Hunt Hillary en Tenzing aangesê om die piek te probeer bereik.

Sneeu en wind het die paartjie vir twee dae by die Suid-pas vasgehou. Hulle het op 28 Mei vertrek met Lowe, Alfred Gregory en Ang Nyima as ondersteuning. Die twee het hulle tent op 28 Mei 'n hoogte van 8500 m opgeslaan, terwyl hulle ondersteuningsgroep afwaarts gekeer het. Hillary het die volgende oggend ontdek dat sy stewels geheel en al gevries was na hy hulle buite die tent gelos het. Hy het hulle vir twee ure lang verhit voor hy en Tenzing die finale klimtog met hulle 10 kg sware rugsakke aangepak het.[5] Die beslissende deel van die laaste deel van die klimtog was die 12 m rotshang, wat later bekend sou staan as die "Hillary Step". Hillary het 'n manier gevind om in 'n skeur tussen die rotshang en die ys na bo te beur en Tenzing het hom gevolg.[7] Van daar as was die res van die poging relatief eenvoudig. Hulle het die piek om 11:30 bereik.[1] In Hillary se eie woorde: "Nog 'n paar houe met die yshamer in die ferm sneeu en toe staan ons bo-op".[8]

Hulle het slegs omtrent 15 minute op die piek deurgebring. Hulle het sonder sukses vir bewyse gesoek van die vroeër ekspedisie onder leiding van George Mallory. Hillary het 'n foto van Tenzing geneem, Tenzing het sjokolade in die sneeu gelaat as 'n offer en Hillary het 'n kruis agtergelaat.[5] Daar is geen foto's van Hillary op die piek nie, aangesien Tenzing nie geweet het hoe om 'n kamera te gebruik nie.

Die afkoms was vermoeilik siende dat die drywende sneeu hulle spore uitgewis het. Die eerste persoon wat hulle tegemoet gekom het was Lowe, wat hoër geklim het om hulle met warm sop te groet.[5]

   
Edmund Hillary
Well George, we finally knocked the bastard off.
   
Edmund Hillary
- Hillary se eerste woorde aan Lowe, na sy terugkoms van die piek van Everest.

Die nuus van die suksesvolle ekspedisie het Brittanje op die dag van Elizabeth II se kroning bereik. Die groep was verbaas oor die internasionale toejuiging wat hulle ontvang het na hulle aankoms in Kathmandu, die hoofstad van Nepal.[5]

[wysig] Ná Everest

Edmund Hillary in 1957, na hy die eerste vliegtuig wat by die Marble Point-landingsstrook in Antarktika geland het, vergesel het.
Edmund Hillary in 1957, na hy die eerste vliegtuig wat by die Marble Point-landingsstrook in Antarktika geland het, vergesel het.

Hillary het tien ander pieke in die Himalaja geklim tydens verdere besoeke in 1956, 1960-61 en 1963-65. Hy het ook die Suidpool op 4 Januarie 1958 bereik as deel van die Statebondse Trans-Antarkiese Ekspedisie. Hillary was die leier van die Nieu-Seelandse span. Hy het later, in 1977 'n stralerbootekspedisie gelei, getitelg "Ocean to Sky", wat van die mond van die 2510 km-lange Ganges-rivier tot by sy bron gestrek het. Hillary was in 1979 veronderstel om as kommentator op te tree tydens die noodlottige Air New Zealand Vlug 901, 'n Antarktiese besigtingsvlug. Hillary het egter onttrek as gevolg van werksverpligtinge elders. Hy was vervang deur sy vriend, Peter Mulgrew, wat gesterf het toe die vliegtuig teen Mount Erebus gebots het.[9]

Hillary het deelgeneem in die algemene Nieu-Seelandse verkiesing van 1975, as 'n lid van die "Burgers vir Rowling"-veldtog. Dit word aangeneem dat sy betrokkenheid in hierdie veldtog sy nominasie as Goewerneurgeneraal in 1977 verhinder het[10] en die posisie was aan Keith Holyoake gegee. Hy was egter in 1985 as die Nieu-Seelandse ambassadeur na Indië, Nepal en Bangladesj aangewys en het hy vier en 'n half jare in Nieu-Delhi gewoon.

In 1985 het hy Neil Armstrong vergesel in 'n klein tweelingmotor-ski-vliegtuig wat oor die Arktiese Oseaan gevlieg het en by die Noordpool geland het. Hy het dus die eerste mens geword wat op beide pole en op die piek van die hoogste berg ter wêreld gestaan het.

In Januarie 2007 het Hillary na Antarktika gereis om die 50ste herdenking van die stigting van Scott-basis te vier. Hy het op 18 Januarie na die basis gevlieg met 'n afvaardiging wat die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Helen Clark, ingesluit het. [11][12][13] Hy het daar 'n oproep tot die Britse regering gerig om by te dra tot die instandhouding van die hutte van die ontdekkingsreisigers, Robert Falcon Scott en Ernest Shackleton.[14]

Dit was gerapporteer dat Hillary op 22 April 2007 'n beserings opgedoen tydens 'n val terwyl het besig was om Kathmandu te reis. Geen kommentaar was gelewer oor die aard van sy beserings nie en hy het nie dadelik vir behandeling gegaan nie. Ná sy terugkeer na Nieu-Seeland is hy in die hospitaal opgeneem.[15] Dit het egter geblyk dat sy beserings nie sy lewe in gevaar gestel het nie.

Hillary het in latere jare sy misnoeë verkondig oor die houdings wat baie moderne bergklimmers vertoon. Hy het in besonder die Nieu-Seelander, Mark Inglis, en 40 ander klimmers gekritiseer, wat die Britse bergklimmer, David Sharp in Mei 2006 op Everest agtergelaat het om te sterf. Hy het gesê:

"Ek dink die hele houding teenoor die klim van Mount Everest het nogal afskuwelik geword. Die mense wil net die bo-punt bereik, dis was verkeerd indien daar 'n man wat aan hoogteprobleme gely het en onder 'n rots neergehurk was, om net jou hoed te lig, goeie môre te sê en verby te gaan."[16]

Hy het ook aan die New Zealand Herald gesê dat hy met afgrys gevul was oor die gevoellose houding van vandag se bergklimmers:

"Hulle gee nie 'n flenter om vir enige iemand wat in nood verkeer nie en dit beïndruk my hoegenaamd nie dat hulle iemand wat onder 'n rots lê sal laat om te sterf."[17]

[wysig] Publieke erkenning

'n Standbeeld van Sir Hillary tuur na Nieu-Seeland se hoogste piek, Aoraki.
'n Standbeeld van Sir Hillary tuur na Nieu-Seeland se hoogste piek, Aoraki.
Edmund Hillary op die Nieu-Seelandse vyf-dollar banknoot.
Edmund Hillary op die Nieu-Seelandse vyf-dollar banknoot.

Hillary was tot ridderskap verhef op 16 Julie 1953 as Ridder-kommandeur van die Orde van die Britse Ryk. In 1987 was tot lid van die Orde van Nieu-Seeland verhef en tot 'n Ridder van die Orde van die Kousband op 23 April 1995. Verskeie strate, skole en instelling in Nieu-Seeland en ook die res van die wêreld is na hom vernoem. 'n Paar voorbeelde is die Sir Edmund Hillary Kollege in Otara, Nieu-Seeland, die Edmund Hillary primêre skool in Papakura, Nieu-Seeland, en die Hillary Kommisie.

In 1992 het Hillary se gesig verskyn op die nuwe Nieu-Seelandse $5-noot: Hillary was die enigste lewende Nieu-Seelander wat op 'n banknoot verskyn het.

Om die 50ste herdenking van die eerste suksesvolle klim van Everest te vier, het die Nepalese Regering 'n ere-burgerskap aan Hillary geskenk tydens 'n spesiale goue jubileumsviering in Kathmandu. Hy was die eerste buitelander waaraan hierdie eer toegeken is.

'n Standbeeld van 2,3 m van Sir Hillary was in die dorpie by Aoraki (ook bekend as Mount Cook) opgerig in 2003.

[wysig] Familielewe

Kort na sy terugkeer van Everest, het Hillary met Louise Mary Rose op 3 September 1953 getrou. Die skaam seun het 'n skaam man geword en sy skoonmoeder het namens hom sy vrou om haar hand gevra.[4][3][18] Hulle het drie kinders gehad: Peter (1954), Sarah (1955) en Belinda (1959).[6][1]

In 1975 sterf Louise en Belinda in 'n vliegtuigongeluk naby Kathmandu, kort na die vliegtuig opgestyg het. Hulle was oppad na die klein dorpie, Phaphlu, waar Edmund besig was om te help om 'n hospitaal te bou.[3].

Meer as twintig jaar later trou Hillary op 21 Desember 1989 met Jane Mulgrew, die weduwee van sy vriend, Peter Mulgrew.[4][19]

Sy seun, Peter Hillary, het ook 'n bergklimmer geword en het Everest in 1990 verower. In April 2003 het Peter en Tenzing Norgay se seun, Jamling Tenzing Norgay, Everest geklim as deel van 'n 50ste herdenking.[20] Hillary het ook ses kleinkinders: sy kleindogter, Amelia Hillary, is ook betrokke by Hillary se werk in die Himalaja.

[wysig] Liefdadigheid

Hillary het sy lewe daaraan toegewy om die Sjerpa-bevoling van Nepal te help, deur middel van die Himalayan Trust wat hy gestig het. Hy het daarin geslaag om baie skole en hospitale in dié afgesonderde deel van die Himalaja te bou. Hy was die erepresident van die Amerikaanse Himalajiese Stigting, 'n nie-winsbejagte instelling wat help om die ekologie en lewenstoestande in die Himalaja te verbeter.

Die Himalyan Trust het, onder andere, reeds twee hospitale, 13 klinieke en meer as 30 skole gebou.

[wysig] Dood

Sir Edmund Hillary het op 11 Januarie 2008 gesterf aan 'n hartaanval by die Auckland Stadshospitaal. Hy was 88 jaar oud.

Sy dood was aangekondig deur die Nieu-Seelandse Eerste Minister, Helen Clark, waartydens se verklaar het dat sy dood 'n innige verlies vir Nieu-Seeland was.[21] Vele instellings het sy dood berou deur rouvlae te hang, waaronder ook by die Nieu-Seelandse Parlementsgebou en Scott-basis in Antarktika.[22] Hy was in die hospitaal tydens sy sterfte, maar daar was verwag dat hy daardie selfde dag nog terug na sy familie sou kon keer.[23] 'n Staatsbegrafnis word beplan.[24][25]

[wysig] Bibliografie

Edmund Hillary het 'n aantal boeke geskryf, waaronder:

  • High Adventure (1955), Oxford University Press (Sagteband) ISBN 1932302026
  • High Adventure: The True Story of the First Ascent of Everest (1955), Oxford University Press (Sagteband) ISBN 0195167341
  • East of Everest - An Account of the New Zealand Alpine Club Himalayan Expedition to the Barun Valley in 1954, met George Lowe (1956), E. P. Dutton en Maatskappy, Inc. ASIN B000EW84UM
  • No Latitude for Error (1961), Hodder & Stoughton. ASIN B000H6UVP6.
  • The New Zealand Antarctic Expedition (1959), R.W. Stiles, drukkers. ASIN B0007K6D72.
  • The crossing of Antarctica; the Commonwealth Transantarctic Expedition, 1955-1958 met Sir Vivian Fuchs (1958). Cassell ASIN B000HJGZ08
  • High in the thin cold air; the story of the Himalayan Expedition, led by Sir Edmund Hillary, sponsored by World Book Encyclopedia, met Desmond Doig (1963) ASIN B00005W121
  • Schoolhouse in the Clouds (1965) ASIN B00005WRBB
  • Nothing Venture, Nothing Win (1975) Hodder & Stoughton General Division ISBN 0340212969
  • From the Ocean to the Sky: Jet Boating Up the Ganges Ulverscroft Large Print Books Ltd (November 1980) ISBN 0-7089-0587-0
  • Two Generations met Peter Hillary (1984) Hodder & Stoughton Ltd ISBN 0340354208
  • Ascent: Two Lives Explored: The Autobiographies of Sir Edmund and Peter Hillary (1992) Paragon House Uitgewers ISBN 1557784086
  • View from the Summit: The Remarkable Memoir by the First Person to Conquer Everest (2000) Pocket ISBN 0743400674

[wysig] Verwysings

Hierdie artikel was oorspronklik vertaal van die Engelse Wikipedia-artikel, "Edmund Hillary"
  1. ^ 1,0 1,1 1,2 1,3 Christchurch City Libraries, Famous New Zealanders. Verkry op 23 Januarie 2007.
  2. ^ Tyler, Heather Tyler Authorised Hillary biography reveals private touches. NZ Herald. 8 Oktober 2005.
  3. ^ 3,0 3,1 3,2 Robert Sullivan, Time Magazine, Sir Edmund Hillary—A visit with the world's greatest living adventurer, 12 September, 2003. Retrieved 22 January, 2007.
  4. ^ 4,0 4,1 4,2 National Geographic, Everest: 50 Years and Counting. Verkry op 22 Januarie 2007.
  5. ^ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 5,6 Hillary, Edmund, High Adventure: The True Story of the First Ascent of Everest
  6. ^ 6,0 6,1 The New Zealand Edge, Sir Edmund Hillary—KING OF THE WORLD. Verkry op 22 Januarie 2007.
  7. ^ Ascent: Two Lives Explored : The Autobiographies of Sir Edmund and Peter Hillary
  8. ^ Oorspronklike Engelse aanhaling: A few more whacks of the ice axe in the firm snow, and we stood on top. vanuit PBS, NOVA, First to Summit, November 2000. Verkry op 31 Maart 2007.
  9. ^ New Zealand Antarctic Veterans Association, Operation Deep Freeze—The New Zealand Story. Verkry op 20 Januarie 2007.
  10. ^ Rowling: The man and the myth by John Henderson, Australia New Zealand Press, 1980.
  11. ^ NDTV, Sir Edmund Hillary revisits Antarctica, January 20, 2007.
  12. ^ Claire Harvey, The New Zealand Herald, Claire Harvey on Ice: Arriving at Scott Base, January 20, 2007.
  13. ^ Radio Network, PM and Sir Edmund Hillary off to Scott Base, January 15, 2007. Retrieved January 20, 2007.
  14. ^ The Press Hillary slates Brits over historic huts . Verkry op 12 Februarie 2007.
  15. ^ Stuart Dye, The New Zealand Herald, Clark sends goodwill message to Sir Edmund. Dinsdag, 24 April 2007.
  16. ^ Oorspronklike Engelse aanhaling: I think the whole attitude towards climbing Mount Everest has become rather horrifying. The people just want to get to the top, it was wrong if there was a man suffering altitude problems and was huddled under a rock, just to lift your hat, say good morning and pass on by. Death on Everest divides climbers by die webwerf van The Age. Verkry op 11 Januarie 2008.
  17. ^ Oorspronklike Engelse aanhaling: They don’t give a damn for anybody else who may be in distress and it doesn’t impress me at all that they leave someone lying under a rock to die. Death on Everest divides climbers by die webwerf van The Age. Verkry op 11 Januarie 2008.
  18. ^ Famous New Zealanders. Retrieved 22 January, 2007.
  19. ^ Sailing Source, Sir Edmund Hillary to Start Rolex Sydney-Hobart Race. Verkry op 22 Januarie 2007.
  20. ^ NPR, Everest: To the Top of the World. 25 April 2003. Verkry op 22 January 2007.
  21. ^ CNN.com, Clark statement on Hillary death. Verkry op 11 Januarie 2008.
  22. ^ Stuff.co.nz, Flag flies at half-mast over a sad Scott Base Retrieved 11 January, 2008
  23. ^ Stuff.co.nz, State funeral for Sir Ed Verkry op 11 Januarie 2008
  24. ^ Radio New Zealand News webwerf.
  25. ^ New Zealand Herald News webswerf.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu