Desember moorde
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Desember moorde in Suriname, wat op 8 Desember 1982 plaasgevind het, word beskou as 'n keerpunt in die geskiedenis van Suriname. 'n Derde van die Surinaamse bevolking het hierna na Nederland gevlug en vorm tans 'n belangrike minderheid in die Nederlandse samelewing. Gedurende die Desember moorde is 15 joernaliste, akademici en arbeidsleiers wat teen die militêre bewind in Suriname gekant was, vermoor in Paramaribo. Die militêre bewind het agterna laat blyk dat die oorledenes doodgeskiet is terwyl hulle van die owerhede gevlug het, maar die omstandighede is nie heeltemal duidelik nie.
Die Desember moorde het tot internasionale protes teen die regering van Dési Bouterse gelei en Nederland, die voormalige koloniale moondheid, het ontwikkelingshulp gestaak. Niemand is ooit voor die hof gedaag oor die moorde nie, selfs nadat die militêre diktatorskap beëindig is.
Die persone wat in die Desember moorde omgekom het, was die volgende:
- John Baboeram, prokureur
- Bram Behr, joernalis
- Cyrill Daal, vakbondleier
- Kenneth Gonçalves, prokureur
- Eddy Hoost, prokureur
- André Kamperveen, joernalis
- Gerard Leckie, akademikus
- Sugrim Oemrawsingh, akademikus
- Lesley Rahman, joernalis
- Surendre Rambocus, militêre leier
- Harold Riedewald, prokureur
- Jiwansingh Sheombar, militêre leier
- Jozef Slagveer, joernalis
- Robby Sohansingh, besigheidsman
- Frank Wijngaarde, joernalis