Bophuthatswana
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bophuthatswana was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die noorde van Suid-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 40 000 vierkante kilometer beslaan en bestaan uit sewe ingeslote grondgebiede versprei deur die vorige Suid-Afrikaanse provinsies van die Kaap, Transvaal en Oranje-Vrystaat. Die hoofstad, Mmabatho, was geleë in 'n gebied teen Botswana. Die tuisland was geskep om Tswanasprekende mense te huisves, en in 1983 het dit meer as 1,43 miljoen inwoners gehad.
In 1971 is Bophuthatswana selfregering gegun en onafhanklikheid is verklaar op 5 Desember 1977, met Kgosi Lucas Mangope aangestel as staatshoof. Die mense wat geforseer is om daar te woon het hulle Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Ná 'n mislukte staatsgreep in 1988 is Mangope hardhandig deur Suid-Afrika weer ingestel. Aan die begin van 1994 word hy vervang deur 'n tussentydse regering, en op 27 April van daardie jaar word Bophuthatswana weer verenig met Suid-Afrika, tesame met die ander nege tuislande.
Apartheid-Bantoestans in Suid-Afrika | ||
---|---|---|
Bophuthatswana | Ciskei | Gazankulu | KaNgwane | KwaNdebele | KwaZulu | Lebowa | QwaQwa | Transkei | Venda |