Vlag van Kambodja
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die nasionale vlag van Kambodja is heraangeneem in 1993 toe monargie die herstel is na 'n vrekiesing ten gunste daarvan.
Sedert 1850 het Kambodjaanse vlae 'n uitbeelding van Angkor Wat in die middel vertoon. Die huidige vlag, met dun blou bande aan die onder en bokant en 'n breë rooi band in die middel (die bande is in 'n verhouding van 1:2:1) is na Kambodja se onafhanklikheid van Frankryk in 1948 aangeneem. Dit is gebruik tot 9 Oktober 1970 toe 'n nuwe vlag vir Lon Nol se Khmer Republiek ingevoer is. Die opvolgerstaat Demokratiese Kampuchea, wat van 1975 tot 1979 bestaan het, het 'n rooi vlag met die Angkor Wat ontwerp in geel gebruik. Toe die Volksrepubliek van Kampuchea in 1979 gevestig is, is die vlag effens aangepas. Ander vlae is tussen 1989-1991 en 1992-1993 gebruik, in laasgenoemde geval 'n UNTAC vlag. In 1993 is die oorspronklike vlag heraangeneem.
[wysig] Historiese nasionale vlae
Flag | Duration | Use |
---|---|---|
1863-1948 | Vlag van Kambodja onder Franse koloniale beheer | |
1942-1945 | Vlag van Kambodja onder Japanese occupation]] | |
1948-1970, 1993-present | Vlag van die Koninkryk van Kambodja]] | |
1970-1975 | Vlag van die Khmer Republiek | |
1975-1979 | Vlag van Demokratiese Kampuchea | |
1979-1989 | Vlag van die Volksrepubliek van Kampuchea | |
1989-1991 | Vlag van die Staat van Kambodja | |
1992-1993 | Vlag van Kambodja onder die Verenigde Nasies Oorgansowerheid in Kambodja (UNTAC) |
Sjabloon:Asia in topic Sjabloon:Nationalflags
[wysig] Eksterne skakels
- Sjabloon:FOTWSjabloon:Cambodia-stub