Suid-Afrikaanse Lugdiens
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) (South African Airways - SAA), is Suid-Afrika se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugvaartmaatskappy. Die naam SAL word nie meer amptelik deur die lugdiens gebruik nie.
Dit kom op 1 Februarie 1934 tot stand, en op 10 November 1945 begin die Springbokdiens, die eerste internasionale diens tussen Johannesburg en die stad Bournemouth in die Verenigde Koninkryk. Op hierdie vliegroete, wat as 'n vennootskapsonderneming tussen SAL en die Britse Oorsese Lugredery (British Overseas Airways Corporation, BOAC) tot stand kom, is destyds Avro York-vliegtuie gebruik.
SAL is die eerste lugredery buite die Verenigde Koninkryk wat stralers in gebruik neem (die Comet I). Die eerste ononderbroke vlug tussen die RSA en Europa, 'n regstreekse verbinding tussen Johannesburg en die Griekse hoofstad Athene, word in die jaar 1962 aangebied en in nege uur afgelê. Vanaf 1963 gebruik SAL 'n nuwe lugroete om die weskus van Afrika vir sy dienste tussen die RSA en Europa.
[wysig] Vloot
Die SAL se vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (Junie 2005):
- 11 Airbus A319-100
- 6 Airbus A340-200
- 3 Airbus A340-300
- 9 Airbus A340-600
- 21 Boeing 737-800
- 6 Boeing 747-400