Sterrenag
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sterrenag |
Vincent van Gogh, 1889 |
olie op doek, 73 × 92 cm |
Museum of Modern Art |
Sterrenag is een van die bekendste skilderye deur die Nederlandsse post-impressionistiese kunstenaar Vincent van Gogh. Dit is in die permanente versameling van die Museum of Modern Art in New York Stad. Die olie-op-doek skildery meet 73 x 92 cm. Die skildery wat in Junie 1889 deur Van Gogh geskep is terwyl hy in 'n geestesinrigting by Saint Rémy de Provence was, beeld 'n malende hemellandskap gevul met gloeiende geel sterre bokant 'n klein dorpie en golwende heuwels uit. Dit is slegs 13 maande voor Van Gogh se selfmoord geskilder. Die donker vorm in die voorgrond links van die middel is al as die punt van 'n boom beskryf alhoewel kunshistorici al verskeie ander interpretasies voorgelê het. Die doel blyk te wees om mens se oog na die hemel te rig. Verder voeg dit diepte tot die skildery toe. 'n Kerktoring in die dorp wys ook na die lug wat verder klem lê op opkyk. Die kunswerk word beskou as een van die groot meesterstukke van alle tye, aangesien die kunswerk tergelyke tyd beeldskoon en ontrustend is.
Van Gogh se woorde, "Net soos ons die trein neem om by Tarascon of Rouen te kom, neem ons die dood om 'n ster te bereik" word baie keer met die skildery in verband gebring.
Die skildery was die inspirasie vir Don McLean se liedjie Vincent, wat ook aan die openingswoorde , Starry, Starry Night bekend is en vir die Franse komponis Henri Dutilleux se orkestrale werk Timbres, Espace, Mouvement.
V838 Monocerotis, benoem as een van die mees misterieuse sterre in die Melkweg vertoon volgens Hubble Space Telescope sterrekundiges ooreenkomste met Sterrenag.
[wysig] Eksterne skakels
- Lirieke van Don McLean se "Vincent" alias "Starry, Starry Night".
Sterrenag