L'Anse aux Meadows
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
L'Anse aux Meadows (uit Frans L'Anse-aux-Méduses of "Jellievis Inham") is 'n terrein in die mees noordelike punt van die Newfoundland eiland, in Newfoundland en Labrador, Kanada, waar die oorblyfsels van 'n Wikingnedersetting in 1960 deur die Noorweegse verkenner Helge Ingstad en sy argeoloog vrou, Anne Stine Ingstad, ontdek is.
Dit is die enigste bevestigde Wikingnedersetting in Noord-Amerika buite Groenland. Dit was die terrein van 'n Veeljarige argeologiese uitgrawing het wonings, gereedskap en implemente ontdek wat die tydraamwerk van die nedersetting bevestig het. Die nedersetting wat dateer uit 500 jaar voor Christopher Columbus, bevat vroegste Europese strukture in Noord-Amerika. Dit is deur UNESCO as 'n Wêreld Erfenis terrein benoem. Daar word algemeen geglo dat dit die semi-legendariese 'Vinland' vestiging van die ontdekker Leif Ericson was.
Die klimaat in Newfoundland was toe heelwat warmer as wat dit vandag is. Soos in die sagas vertel word, het Leifur van Groenland af vertrek om te soek na die land wat Bjarni Herjólfsson hom van vertel het. Hy vind 'n gebied ryk aan druiwe, salm, en 'n ysvrye winter, en keer terug om hout af te kap om na die boom-arm Groenland terug te neem. L'Anse aux Meadows is moontlik : (a) die eerste kamp wat opgerig is, (b) die kamp wat opgerig is nadat daar van die vyandige Skrælinge gevlug is, of (c) 'n kamp wat nie in die saga genoem word nie.
Die nedersetting by L'Anse aux Meadows het uit ten minste 8 geboue bestaan insluitend 'n smedery en smelter, en 'n houtwerf wat 'n skeepswerf ondersteun het. Die grootste huis was 'n ruim 28,8 by 15,6 m groot en het uit verskeie kamers bestaan[1].
Die saga beskryf 'n koloniseringspoging gelei deur Thorfinn Karlsefni, met soveel as 135 mans en 15 vroue, wat Leifur se kamp, moontlik L'Anse aux Meadows, as basis gebruik het. Onder hulle was Freydís Eiríksdóttir, halfsuster van Leif. Alhoewel dit nie moontlik is om te bevestig dat L'Anse aux Meadows inderdaad die Vinland van die saga is nie, is dit seker dat 'n groep Noorse koloniste circa 1000 n.C. daar geleef het.[1]
Die terrein is slegs vir 2 of 3 jaar gebruik. Daar word bespeigel dat, gegrond op beide literêre en argeologiese getuienis, swak verhoudings met inboorlinge die vestiging tot mislukking gedoem het. Inter-groep konflik oor vrouens en onverwagte slegte weer is ook al voorgestel as moontlik oorsake van die verlaat van die vestiging.
L'Anse aux Meadows kan ook verband hou met die Algonquin legende van 'n Koninkryk van Saguenay wat deur 'n ras van blonde mans ryk aan pelse en matele, maar dit kan ook blote bespiegeling wees.
Inhoud |
[wysig] Kyk ook
- Lys van gemeenskappe in Newfoundland en Labrador
- Noorse kolonisering van Amerika
- Vinland kaart
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Verwysings en notas
- ^ 1,0 1,1 From the Canadian Encylopedia article on L'Anse aux Meadows. Naaldwerk en breigereedskap wat by die terrein gevind is dui aan dat vroue by L'Anse aux Meadows teenwoordig was.
[wysig] Beelde
Sjabloon:CoorHeader