Khoikhoi
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Khoikhoi (die regte mense of mense onder mense) of Khoi is 'n historiese onderdeel van die Khoisan etniese groep van suidwestelike Afrika wat nou verwant is aan die Boesmans. Khoikhoi word soms KhoeKhoe gespel. Die Khoikhoi is te vore Hottentotte genoem maar die term word nou as neerhalend beskou. Ten tye van die aankoms van Europese setlaars in 1652 het die Khoikhoi reeds vir ongeveer 30 000 jaar in Suider-Afrika gewoon en het hulle uitgebreide veeboerdery in die Kaap beoefen.