James Doohan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
James Montgomery Doohan (Vancouver, Brits Kolombië, 3 Maart 1920 - Redmond, Washington (Verenigde State), 20 Julie 2005) was 'n Kanadese akteur wat veral deur sy rol as ingenieur Montgomery Scott ("Scotty") in die Amerikaanse televisie-reeks Star Trek internasionale bekendheid verwerf.
Doohan se gesin ly onder die alkoholisme van die vader, en in sy outobiografie Beam me up, Scotty (Straal my op, Scotty) verklaar hy baie besonderhede van sy loopbaan as soldaat in Europa en as akteur in wetenskapsfiksie-films en -televisie-reekse met sy pogings om aan daardie siekte en sy gevolge te ontvlug. Hy veg onder meer as offisier in die Tweede Wêreldoorlog en neem aan die Gealliëerde Magte se landing in Normandië deel.
Toe hy in 1966 die rol as "Scotty" in die Amerikaanse netwerk NBC se televisie-reeks Star Trek begin speel, staan hy reeds bekend as 'n gesogte akteur. In die reeks Space Command vertolk hy vir die eerste keer die rol van 'n ruimtevaarder.
In 1979 word die eerste rolprentteater-verfilming van Star Trek met Doohan as "Scotty" vertoon.
Op die ouderdom van 85 jaar beswyk James Doohan in sy huis in Redmond in die VSA-deelstaat Washington aan die gevolge van 'n longontsteking.