Hertog
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hertog (Latyn: dux) is 'n hoë adellike titel. Oorspronklik was dit 'n Germaanse leëraanvoerder (heer=leër en -tog kom van tyg=trek) wat tydens oorloë deur 'n stam of volk tot hertog verkies is.
By die Franke was 'n hertog ook die bestuurder (staatshoof) van 'n bepaalde gebied, en hierdie titel word later erflik. Na ongeveer 1700 word die titel hertog ook gegee aan mense wat uitsonderlike prestasies gelewer het en was die titel ontkoppel van spesifieke gebiede. Baie hertogdomme in die ou betekenis is later verhef tot koninkryke (ook Pruise) of is opgeneem in groter ryke. Sommige lande, soos Engeland, is verdeel in graafskappe (vergelykbaar met hertogdomme). Luxemburg is nog steeds 'n onafhanklike groothertogdom.
Sien ook: