Grondwet van Suid-Afrika
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is as Wet 108 van 1996 aanvaar deur die grondwetlike hof op 4 Desember 1996.
Ingevolge die tussentydse grondwet moes die parlement en die grondwetlike vergadering 'n nuwe grondwet saamstel. Die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof moes sertifiseer dat die nuwe grondwet voldoen aan die 34 grondwetlike beginsels waarop vooraf ooreengestem is volgens die onderhandelaars van die tussentydse grondwet. Die aanvanklike voorlegging aan die hof is nie goedgekeur nie - die grondwetlike vergadering moes die teks weer in oënskou neem en die hof se redes in ag neem.
Op 4 Desember 1996 het die hof die gewysigde weergawe goedgekeur en dit het die amptelike grondwet van Suid-Afrika geword met effek vanaf 4 Februarie 1997. Dit is al enkele kere gewysig sedertdien.
Inhoud |
[wysig] Inhoud
Die grondwet bestaan uit 'n inleiding, veertien hoofstukke en sewe bylaes. Elke hoofstuk en bylaag fokus op 'n spesifieke onderwerp.
[wysig] Hoofstukke
- Grondliggende bepalings
- Handves van regte
- Regering van samewerking
- Die parlement
- Die president en nasionale uitvoerende gesag
- Provinsies
- Plaaslike regering
- Howe en regspleging
- Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie
- Openbare administrasie
- Veiligheidsdienste
- Tradisionele leiers
- Finansies
- Algemene bepalings
[wysig] Bylae
- Nasionale vlag
- Ampsede en plegtige verklarings
- Verkiesingsprosedures
- Funksionele gebiede van konkurrente nasionale en provinsiale wetgewende bevoegdheid
- Funksionele gebiede van eksklusiewe provinsiale wetgewende bevoegdheid
- Oorgangsreëlings
- Wette herroep
[wysig] Grondwet in Afrikaans
Om 'n volledige Afrikaanse weergawe van die grondwet te bekom, kan die webblad van die Grondwetlike hof geraadpleeg word. Daar moet egter daarop gelet word dat die Engelse weergawe deur die President van Suid-Afrika onderteken is en dus as die amptelike weergawe geag word.