Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Geologie - Wikipedia

Geologie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Geologie (vanuit Grieks γη- ("ge-","die aarde") en λογος ("logos", "woord","rede")) is die wetenskap en studie van die Aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm.

Geoloë het vasgestel dat die ouderdom van die Aarde ongeveer 4.5 biljoen (4.5x109 jare is en het bepaal dat die Aarde se kors verdeel is in tektoniese plate wat bo-oor 'n halfgesmelte boonste mantel beweeg deur prosesse wat algemeen na verwys word as plaattektoniek. Geoloë het gehelp om die aarde se natuurlike hulpbronne soos olie en steenkool en metale soos yster, koper en uraan te vind en te bestuur.

Addisionele ekonomiese belangrike minerale sluit asbes, perliet, mika, fosfate, zeoliete, klei, sponssteen, kwarts en silika in asook elemente soos swael, chloor en helium.

Astrogeologie verwys na die toepassing van geologiese beginsels tot die ander hemelligame in ons sonnestelsel.

Die woord "geologie" is vir die eerste keer deur Jean-André Deluc in die jaar 1778 gebruik en as 'n gevestigde term gebruik deur Horace-Bénédict de Saussure in die jaar 1779.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Georg Agricola ( 1494 - 1555 ) het die eerste sistematiese verhandeling oor mynbou en smeltery geskryf, naamlik die "De re metallica libri XII", met 'n aanhangsel "Buch von den Lebewesen unter Tage" (boek van die weses onder die aarde). Hy het onderwerpe soos windenergie, hidrodinamiese krag, smeltpotte, die vervoer van erts, suiwering van soda, swael en aluin en ander administratiewe sake bespreek. Die boek is in 1556 gepubliseer.

James Hutton word deur baie as die eerste moderne geoloog beskou. In 1785 het hy 'n referaat getiteld "Theory of the Earth" voor die Royal Society van Edinburgh gelewer. In die referaat het hy sy teorie verduidelik dat die Aarde baie ouer moet wees as wat voorheen vermoed is om genoeg tyd toe te laat vir die berge om verweer te word en vir sedimente om nuwe rotse te vorm op die seebodem, wat dan weer geleidelik gestyg het om droeë land te vorm.

Volgelinge van Hutton het as "Plutoniste" bekend gestaan omdat hulle geglo het dat sommige rotse gevorm is deur vulkaniese werking wat die neerslag van lawa van vulkane behels in teenstelling met die "Neptuniste", wat geglo het dat alle rotse uit 'n groot oseaan waarvan die vlak geleidelik gedaal het, neergeslaan het.

William Smith ( 1769 - 1839) het van die eerste geologiese kaarte opgetrek en begin met die proses van klassifisering van Rotslae deur die fossiele wat hulle bevat het, te ondersoek.

Sir Charles Lyell het sy beroemde boek, "Principles of Geology", in 1830 vir die eerste keer gepubliseer en het voortdurend hersiene weergawes gepubliseer tot sy dood in 1875. Hy het die uniformitaristiese leerstelling suksesvol bevorder. Die teorie veronderstel dat stadige geologiese prosesse deur die loop van die Aarde se geskiedenis plaasgevind het en is steeds besig om te gebeur. Dit staan in kontras met die Katastrofistiese teorie dat die Aarde se kenmerke deur enkele, katastrofiese gebeure gevorm is en daarna onveranderd gebly het. Hutton het sterk in uniformisme geglo al het die idee nie wye aanklank gevind in sy tyd nie.

Die teorie van kontinentale verskuiwing is deur Alfred Wegener en Arthur Holmes in 1912 voorgestel maar dit het eers in die 1960s breë aanvaarding begin geniet toe die teorie van plaattektoniek ontwikkel is.

[wysig] Belangrike Beginsels van Geologie

Daar bestaan 'n aantal belangrike grondbeginsels in geologie. Baie hiervan het betrekking tot die vermoë om die relatiewe ouderdomme van die rotslae of die manier waarop hulle gevorm is, te bepaal.

Die beginsel van intrusiewe verwantskappe is gemoeid met die intrusiewe gesteentes. Wanneer vulkaniese gesteentes oor 'n sedimentêre rots sny, kan daar bepaal word dat die vulkaniese intrusie jonger is as die sedimentêre rots. Daar is verskeie tipes intrusies naamlik koepels (geologie), lakkoliete, batoliete, plate en dyke.

Die beginsel van dwarssnydende verwantskappe is gemoeid met die vorming van breuke en die ouderdom van die lae waardeur hulle sny. Breuke is gewoonlik jonger as die rotse waardeur hulle sny, dienooreenkomstig kan afgelei word dat indien 'n breuk deur sommige formasies sny, maar nie deur die lae daarbo nie, dat die formasies daarbo jonger as die breuk moet wees. Indien die sleutelbed gevind kan word kan dit help om vas te stel of die breuk 'n normale breuk of 'n stootverskuiwing is.

Die beginsel van insluitsels en komponente bepaal dat indien insluitsels (of klaste) in 'n sedimentêre rotsformasie gevind word dan moet die insluitsels ouer wees as die formasie wat hulle bevat. Dit is byvoorbeeld algemeen vir gruis vanuit 'n ouer sedimentêre rotsformasie om uitgeskeur te word en in 'n nuwe laag ingesluit te word. 'n Soortgelyke situasie met vulkaniese rots vind plaas wanneer xenoliet daarin gevind word. Hierdie vreemde gesteentes word opegtel deur die magma of lavavloei en word ingesluit wanneer die matriks verkoel word. Die resultaat daarvan is dat die xenoliete ouer gesteentes moet wees as die rots wat hulle bevat.

Die beginsel van faunetiese opvolging is gebaseer op die voorkoms van fossiele in sedimentêre rots. As organismes in dieselfde periode oor die wêreld heen voorkom, kan hulle teenwoordigheid of (soms) afwesigheid gebruik word om 'n relatiewe skatting te maak van die ouderdom van die rots waarin hulle gevind word. Gebaseer op die beginsels deur William Smith vasgelê, amper 'n honderd jaar voor Charles Darwin se teorie van ewolusie, kan gesê word dat die beginsel van opvolging onafhanklik van ewolusionêre gedagtes ontwikkel is. Die beginsel raak egter redelik kompleks wanneer die onsekerheid rondom fossilering, die lokalisering van fossieltipes vanweë laterale veranderinge in habitat en die feit dat nie al die fossiele wêreldwyd in dieselfde tydvak gevind word nie, in ag geneem word.

[wysig] Velde of verwante dissiplines

[wysig] Sien ook

  • Kronologie van geologie
  • Lys van geologiese onderwerpe
  • Geoloog
  • Geologiese modellering
  • Geologiese tydskaal
  • Mineraal
  • Internasionale Vereniging van Geologiese Wetenskappe (IUGS)
  • Belangrike publikasies in geologie

[wysig] Eksterne skakel

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu