Eindhoven
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Eindhoven is 'n stad in die suide van Nederland. Eindhoven het 210 860 inwoners en is die vyfde grootste stad van Nederland en die grootste stad in die provinsie Noord-Brabant. Eindhoven het in 1232 al stadsregte gekry. Eindhoven het veral begin groei toe Philips (gloeilampe) daar gevestig is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die motorfabriek DAF ook begin groei en dit het ook die groei van Eindhoven beïnvloed.
Inhoud |
[wysig] Kultuur
Eindhoven het twee groot teaters: Muziekcentrum Frits Philips en Parktheater. Die bekendste museum in Eindhoven is die Van Abbe Museum (moderne kuns).
[wysig] Sport
Eindhoven is die tuiste van die sokkerspanne PSV Eindhoven en FC Eindhoven en die hokkiespan Oranje Zwart.
[wysig] Universiteite
In Eindhoven is daar twee instansies in die hoëronderwys-stelsel: Technische Universiteit Eindhoven en Fontys Hogeschool. (Die Nederlandse "hogeschool" is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse "hoërskool" nie.)
[wysig] Eksterne skakels
- Fotogeskiedenis - Eindhoven in ou foto's.