Mozilla Firefox
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mozilla Firefox | |
---|---|
Die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia soos gesien deur Mozilla Firefox |
|
|
|
Ontwikkelaar | Mozilla-stigting/Mozilla Corporation |
Mees onlangse weergawe | 2.0.0.14 / 16 April 2008 |
Laaste betaweergawe | / |
Bedryfstelsel | Microsoft Windows, Mac OS X, Linux i686 |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | MPL, MPL/GPL/LGPL tri-license |
Webtuiste | http://www.mozilla.com/firefox |
Mozilla Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier ontwikkel deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke. Dit maak Firefox een van die mees gebruikte, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.
Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla Suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla Suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.
Die Mozilla-stigting het op 31 Mei 2007 aangekondig dat hul Firefox-blaaier nou ook in Afrikaans beskikbaar is.
[wysig] Eksterne skakels
- Firefox-produkbladsy by Mozilla.com
- SpreadFirefox.com — Amptelike Firefox-gemeenskap se bemarkingsblad
- Afrikaanse weergawe van Firefox
- Afrikaanse speltoetser vir gebruik in Firefox
- Firefox Help — Aanlyn hulp vir Firefox
- Firefox 3 Beta (verskeie tale, ook afrikaans)