Gereformeerde Kerk
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk
Die Nederduits Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie en die Nederduits Hervormde Kerk in die Transvaal het nooit weggedwaal van die leer, liturgie en kerkregering van die kerk wat destys met Jan van Riebeeck in 1652 gestig is nie.
In die liturgie het die Kaapse kerk die Evangeliese gesange ingevoer. Die vorm van kerkregering het toenemend mag aan die staat en sinodale vergaderings gegee, en die gesag van plaaslike kerkrade daaraan ondergeskik gemaak.
Hierdie veranderinge het toenemend onrus onder 'n klein hoeveelheid lidmate veroorsaak. Dit was die invoering van die gesange wat ontevredenheid veroorsaak het. Van die begin af was daar lidmate wat nie die gesange wou sing nie. Hierdie mense het bekend gestaan as "Doppers" en het die leuse gehad "In Gods huis Gods lied".
Hierdie ontevrede lidmate was veral gekonsentreer in die omgewing van Rustenburg. In 1859 het 15 broeders besluit om hulle af te skei van die Nederduits Hervormde Kerk in die Transvaal. Onder hierde broeder was ook Paul Kruger, wat toe nog kommandant was.
Hierdie 15 lidmate het op 10 Februarie 1859 'n vergadering belê onder 'n seringboom by Rustenburg. By hierdie vergadering het 300 lidmate hulle laat inskrywe as lidmate van die Gereformeerde Kerk. Ds. Dirk Postma, wat 'n besoekende predikant uit Nederland was, is gevra om hulle predikant te wees, en hy het die beroep aangeneem en verder in Suid-Afrika gebly.
Die Gereformeerde Kerk het die Potchefstroomse Universiteit gestig as 'n teologiese skool vir hulle predikante.
[wysig] Die Gereformeerde Kerk vandag
Die volle naam van die Kerkverband is Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA)
Die Nasionale sinode vergader elke 3 jaar te Potchefstroom.
[wysig] Liedboek van die Gereformeerde Kerk
Die Gereformeerde Kerke gebruik vandag nog net Skrifberymings saam met die Psalms in hulle liedboek. 'n Skrifberyming is 'n gedeelte van die Bybel wat omdig is. Tot onlangs nog was daar net 50 Skrifberymings, maar nuwe skrifbereimings is onlangs by gevoeg.
Buiten die liedere bevat die liedboek ook nog die volgende :
- Drie Formuliere van Eenheid wat bestaan uit die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dortdse Leerreels.
- Die formuliere vir die doop van kinders, die doop van volwassenes, die nagmaal, die bevestiging van ouderlinge en diakens, die bevestiging van predikante, en bevestiging in die huwelik.
- Die Kerkorde.
- 'n Aantal Gebede.
[wysig] Verwysings
"Professor Dirk Postma (1818 - 1890)", Dr. G.C.P. van der Vyver, Pro Rege Pers, 1958
"Handleiding vir die studie van Kerkgeskiedenis, Prof. S. du Toit, Pro Rege Pers, 1970