See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Fietas - Wikipedia

Fietas

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Fietas was 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika wat nou as Pageview bekend staan. Die woonbuurt is deur Kaapse Maleiers en Indiërs in Suid-Afrika bewoon. In die 1970's is die gebied van nie-blanke mense ontruim in terme van die Groepsgebiedewet. Baie huise is gesloop en huise vir witmense is op van die grond gebou. Groot dele het egter onontwikkeld gebly.

Fietas kom in 1893 tot stand toe die ZAR-regering onder Paul Kruger drie sogenaamde lokasies vir Indiërs, Maleiers en swartmense gestig het. In 1903 is vyf erwe aan Indiërs oorgedra en 'n verdere 48 tussen 1904 en 1907 en 112 tussen 1912 en 1934. As gevolg van die gebrek aan wettige blyplek vir nie-blankes trek al hoe meer mense na Pageview. [1] In 1930 word swartmense uit die suide van Fietas na Orlando verskuif en bruinmense en Indiërs trek in hulle plek in. Na 'n huurboikot teen krotmelkers word bruin mense blykbaar vrywillig na die Coronationdorpsgebied en Albertsville verskuif. Na 1940 is meeste van die inwoners van Pageview Indiërs en ontwikkel die buurt 'n bepaalde Indiese karakter met Moskees, Hindoetempels en kerke. Die gewilde 14de Straat inkopie-Mecca raak ook gevestig.[1] In 1943 word die gebied amptelik Pageview genoem ter ere van die burgemeester van Johannesburg, Mnr JJ Page. [1]

In 1957 word uitsettingsbevele aan alle nie-blanke inwoners suid van 22ste Straat in Pageview uitgereik. Swartmense word na Soweto verskuif, bruinmense na Western Areas en Indiërs na Lenasia.[1] In 1962 was daar 177 winkels in die gebied, twee moskees, vier kerke, twee filmteaters, vier Islamskole, een Hindoeskool, 'n gebou wat as Tamilskool, tempel en saal gedien het, 'n Indiërmeisiesskool, 1 bruinlaerskool en 'n kollege vir bruinmense. 'n Sensus wat gehou is bepaal dat daar 4125 Indiërs in die gebied gewoon het, 501 bruinmense, 860 Maleiers, 59 Sjinese en 'n onbekende aantal swartmense. Tussen 1964 en 1970 word uitsettingsbevele aan alle Pageview inwoners uitgereik. [1] Die Oriental Plaza word in 1974 in Fordsburg opegerig. Dit bly egter so te sê leeg tot 1976 toe onwillige handelaars gedwing word om hulle winkels uit Pageview te skuif. In 1976 begin grootskaalse verskuiwings van Pageview inwoners en teen 1977 dwing sekuriteitsmagte en regeringsamptenare met honde meeste van die oorblywende handelaars uit Fietas. 'n Spontane protesoptog vind in 1977 plaas van Pageview na die Oriental Plaza, deur die Plaza en terug na Pageview om inwoners se misnoeë met die uitsettings te kennis te gee.[1]

Teen 1981 woon 67 Indiër gesinne nog steeds onwettig in Pageview. In Desember van die jaar word uitsettingsbevele aan die oorblywende gesinne uitgereik in terme waarvan hulle gedwing sou word om te skuif as hulle nie aan die voorwaardes voldoen nie. Die gesinne slaag egter in 'n aansoek tot die Randse hooggeregshof daarin om uitvoering van die bevel te verhoed. Ook in 1981 word die Pageview Moskees deur sloping bedreig vir die bou van 'n snelweg. Na protes deur die SPA en verskeie Moslem organisasies word daar egter bevind dat in terme van die beskerming van godsdiensregte die geboue nie gesloop mag word nie. [1] In Februarie 1982 begin die Departement van Gemeenskapsontwikkeling paaie opkap en slote rondom die oorblywende inwoners van Pageview se huise te grawe. 'n Hofgeding bepaal dat die slote gekuif moet word. In Julie 1982 sterf 'n moeder en haar vierjarige dogter toe toe 'n heining tydens die sloping van 'n buurhuis op hulle val. Die eerste wit mense ontvang in die jaar huurregte en begin teen die einde van 1982 in te trek.[1] Die laaste handelaar in Pageview, Baba Saheb, verlaat sy familie se slaghuis eers in 1984 toe hy uit die winkel uitgesluit is nadat hy 'n uitsettingsbevel geïgnoreer het. Die saak is hof toe geen en hoewel die hof die Department van Gemeenskapsontwikkeling beveel het om die winkel te heropen is Mr. Saheb geen ander keuse gelaat as om sy besigheid na Lenasia te skuif nie.[1]


[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 SA History, http://www.sahistory.org.za/pages/chronology/special-chrono/fietas.htm FIETAS Chronology], Besoek op 29 Desember 2006


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -