Fanie Olivier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Fanie Olivier (27 Januarie, 1949, Pretoria) is 'n Afrikaanse digter bekend vir sy liefdes gedigte en samestellings.
Inhoud |
[wysig] Begin
Stephanus Johannes Hendrik (Fanie) Olivier is op 27 Januarie 1949 in Pretoria gebore.
[wysig] Opleiding
Hy voltooi sy skool opleiding by die Port Natal-hoërskool in Durban. Hy verwerf 'n BA Regte en MA in Afrikaans(1972) vanaf die Universiteit van Stellenbosch. Tydens sy studies aan die Universiteit neem hy deel aan die D. J. Opperman Letterkundige Laboratorium.
Hy verwerf verder die graad Litt Drs in Literaruurteorie aan die Universiteit van Utrecht en die graad D Litt(1985) aan die Universiteit van Potchefstroom (onder die toesig van T T Cloete). Die onderwerp van sy verhandeling: Die mistiek in die Afrikaanse poësie. Hy verwerf ook later 'n LLB van die universiteit van Suid-Afrika.
Fanie Olivier is ook 'n toegelate advokaat in die Hoogeregshof van Suid Afrika.
[wysig] Onderwyser
Fanie Olivier gee skool by Uniehoërskool in Graaff-Reinet, Ridgeway College in Louis Trichardt. Hy was ook betrokke by Afrikaanse Departemente van Universiteite van Natal, Durban-Westville en Venda.
Fanie Olivier is tans Professor in Afrikaans en Suid-Afrikaanse Studies by die Skool vir Engels van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznan, Pole.
Fanie Olivier is getroud met Rike, 'n akademikus en skrywer. Die egpaar het 'n seun en Fanie het 'n seun en twee dogters uit vorige huwelike.
[wysig] Bundels
- gom uit die sipres, Human & Rousseau, 1971
- om alleen te reis, Human & Rousseau, 1973
- paradysrigting van die wind, Perskor,1976
- skimmellig, Human en Rousseau, 1978
- verklarings 1967-1987, Human & Rousseau 1988
[wysig] Samestellings
- Goudaar: gedigte oor Johannesburg, Perskor, 1986
- Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Human & Rousseau, 1986 (3de Uitgawe, 2001)
- As die son kom oogknip, Protea, 2002
- Literêre dagboek 2004, LAPA (Onderwerp: Die see)
[wysig] Pryse
- Reina Prinsen Geerligs-prys (1971)
[wysig] Verwysings
- Vertaal vanaf[1]