Drie Susterkerke
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Drie Susterkerke verwys na die drie oorspronklike Gereformeerde Kerke onder die Afrikaners. Vir 'n groot deel van die Afrikaner se geskiedenis, het die meeste Afrikaners aan een van hierdie kerke behoort. Die drie kerke is:
- Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk, Ned. Geref. Kerk)
- Die Nederduitsch Hervormde Kerk (NH Kerk, Ned Herv Kerk)
- Die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (GKSA, Geref Kerk)
Daar het intussen kerke van die NG Kerk af gestig, en daar word na hierdie kerke verwys as "dogter kerke" van die NG Kerk. Die Kerke is :
- Die Evangelies Gereformeerde Kerk
- Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK)