See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Cornelis Jacob van de Graaff - Wikipedia

Cornelis Jacob van de Graaff

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Cornelis Jacob van de Graaff was een van die latere Hollandse goewerneurs van die Kaap.

Hy is in 1784 tot goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop benoem en kom die volgende jaar op 5 Januarie in die Kaap aan. In September 1787 stel hy 'n verslag op oor die vedediging van die Kaap: "Memorie Concerneerde het Defensieweesen aan de 'Caap de Goede Hoop' door C.J. van de Graaff by het opperbestuur in Nederland ingediend."

In 1788 vertoef 'n kommissie, deur die State-Generaal na die oorsese gebiede uitgestuur, aan die Kaap. Sy verslag, gedagteken 25 September 1789, word in die Rijksargief in Nederland bewaar. Die Here XVII van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie het bevind dat Van de Graaff dikwels sy bevoegdhede oorskry het en dat die kolonie op geldelike gebied veral in 'n benarde posisie verkeer het.

In 1791 rig die Here XVII 'n resolusie aan die goewerneur en die raad, met baie streng bepalinge en bevele om dadelik alle militêre arbeid te staak. Van de Graaff vertrek in Junie van daardie jaar uit Suid-Afrika en land op 10 Oktober in Texel.

Hy is in 1794 aangestel as generaal-majoor van die Geniediens en vlug die volgende jaar na Duitsland, waar hy in 1812 sterf.

[wysig] Bronne

  • Albertyn, C.F. dr. (hoofred.), Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, Nasou, Kaapstad, 1972.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -