Armoede
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Armoede is die status waarin 'n individu verkeer wanneer die persoon nie sy eie, sowel as die mense wat afhanklik is van hom of haar, se basiese behoeftes kan bevredig nie, en gevolglik nie 'n voldoende lewenstandaard handhaaf nie.
[wysig] Oorsake
Vir individue wat 'n ondergemiddelde vermoë het om geld te verdien, is die kans veel groter dat hulle arm sal wees. Hierdie groep mense sluit gewoonlik die ouer geslag en mense met gestremdhede in. Die gebrek aan onderwys dra grotendeels by tot die ontstaan van armoede. Lae ekonomiese ontwikkeling dra ook tot armoede by.
[wysig] Armoede en ontwikkeling
Vroeg in die 21ste eeu leef die helfte van Afrika se bevolking suid van die Sahara in armoede. Van die 48 mins ontwikkelde lande in die wêreld kom 33 in Afrika voor, waaronder van Suid-Afrika se onmiddellike bure soos Mosambiek, Lesotho en Angola. As gevolg van armoede word 20% van Suid-Afrika se vrugbare bogrond jaarliks verloor omdat mense bloot nie die geld of die tegnologiese kundigheid het om iets daaraan te doen nie. Daar word jaarliks 11 miljoen hektaar woude afgekap om as brandhout gebruik te word of om grond skoon te maak vir landbou. Bruikbare landbougrond word onbruikbare woestyngrond teen 'n tempo van 27 miljoen hektaar per jaar.
Daar word bereken dat 'n halfbiljoen mense daagliks honger ly en dat tussen 15 en 20 miljoen jaarliks weens hongersnood sterf. Die gevolg van armoede, veral onder die plattelandse bevolkings, is dat ál hoe meer mense na die stede trek. Die afgelope 40 jaar het die stedelike bevolking van ontwikkelde lande verdubbel, terwyl dit in ontwikkelende lande vyfvuldig toegeneem het.