See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Apostoliese Kerk - Aposteleenheid - Wikipedia

Apostoliese Kerk - Aposteleenheid

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Kerk wat in 1955 in Suid Afrika ontstaan het as gevolg van 'n skeuring met die Nuwe Apostoliese Kerk, maar wat ook verbind kan word met die Australiese kerk The Apostolic Church of Queensland, en die Suid Afrikaanse Ou Apostoliese Kerk.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis van die Velde groep

In ongeveer 1925 word Hendrik Velde, die skoonseun van Apostel Carl George Klibbe uit die Ou Apostoliese Kerk geekskommunikeer. Hy sluit aan by The Apostolic Church of Queensland wat hom as Apostel vir Afrika aanstel. Op 27 September 1956 sterf Velde in 'n motor ongeluk in Wynberg, Kaapstad.

Sy volgelinge kontak Apostel Zilke van The Apostolic Church of Queensland wat hulle beopdrag om in te skakel by die Erasmus groep.

[wysig] Geskiedenis van die Erasmus Groep

In 1913 verbreek Apostel Klibbe kontak met die Nuwe Apostoliese Kerk, en word hy in 1915 geekskommunikeer deur die Hoof Apostel, Hermann Niehaus. In Klibbe se plek word George Heinrich Wilhelm Schlaphoff aangestel as Apostel. Schlaphoff word die Apostel van die lede van die kerk wat besluit het om nie Klibbe te volg nie.

Met die dood van Hoof Apostel Niehaus word hy opgevolg deur Johann Gottfried Bischoff. In die 1950's ontvang Bischoff 'n openbaring dat hy nie sou sterf voordat die wederkoms plaasvind nie. Hierdie leerstelling het gou bekend geword as Bischoff se "boodskap". Alle ampsdraers en nuwe lidmate van die kerk moes die lering aanvaar. Verskeie Apostels onder leding van die Assistent Hoof Apostel Peter Kuhlen het geweier om die lering te aanvaar en hulle is uit hulle poste onthef.

In Suid Afrika is Apostels Philippus Jacobus Erasmus (1904-1960) en Daniel Carel Smuts Malan (1918-1968) asook Assistent Hoof Apostel Heinrich Franz Schlaphoff (1894-1968) onthef en geekskommunikeer. Tesame met 60 000 lidmate stig Apostels Erasmus en Malan die Apostoliese Kerk. Schlaphoff het terug gekeer na die Nuwe Apostoliese Kerk toe.

[wysig] Vereniging

As gevolg van die skielike dood van Apostel Velde kon die ooreengekome vergadering nie meer plaasvind nie. Apostel Zilke van Australie het Oudste Petersen van die Velde groep versoek om in te skakel by die Erasmus groep. Op 23 November 1956 is 'n ooreenkoms bereik in Kaapstad om die kerke te inkorpereer. In Julie 1956 het die Erasmus groep alreeds saam met ander groepe wat afgestig het van die Nuwe Apostoliese Kerk af ingeskakel en die Verenigde Apostoliese Kerk (United Apostolic Church) gestig.

In Mei 1972 word twee nuwe Apostels verordeneer. Johannes Philippus Erasmus (*1943) en Joshua Jeremia Joubert (*1932). In 1978 tree PJ Erasmus af. Hy sterf op 26 Oktober 1826. In 1989 word 'n sendingstasie in Venda geopen. Aan die einde van 1997 tree Apostel Joubert af.

[wysig] Huidige Situasie

Die kerk is in agt distrikte verdeel met 34 gemeentes wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap en Gauteng gevestig is. Die hoofkantoor is in Johannesburg.

[wysig] Eksterne Skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -