Vredenburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vredenburg is die grootste dorp en hoofsentrum van die munisipaliteit Saldanhabaai aan die Kaapse Weskus, sowat 150 km per pad noord van Kaapstad.
Die dorp is laat in die 19de eeu gestig as boerdery- en kerksentrum – die NG gemeente is in 1904 van Hopefield se gemeente afgestig. Sedertdien het die dorp ontwikkel as kommersiële, administratiewe en opvoedkundige middelpunt van die gebied. Die naam kom van die vrede wat gesluit is na 'n geskil oor die sogenaamde Twisfontein op die dorp besleg is.
Vredenburg beskik oor twee hoërskole, drie laerskole, twee kolleges en 'n groot aantal kerke. Daar is ook takke van die meeste groot winkelgroepe op die dorp. 'n Groot streekswinkelsentrum word in die vooruitsig gestel.
Die inwonertal is byna 50 000, 'n dramatiese toename veral sedert die ontwikkeling van die uitvoerhawe vir ystererts op Saldanha in die jare sewentig en die bou van Saldanha Staal in die jare negentig. Paternoster lê 15 km wes van Vredenburg, Saldanha 11 km suid, Velddrif 22 km noord en Hopefield 37 km oos.
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |