Vishoek
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vishoek was voorheen 'n afsonderlike dorp maar is nou 'n Kaapstadse voorstad aan Valsbaai, sowat 29 km suid van die middestad met die elektriese spoorlyn wat oor Wynberg hierlangs tot op Simonstad loop.
Die destydse dorp is in 1916 aangelê en het in 1940 munisipale status verwerf, alhoewel die eerste nedersetting reeds in die 1660's hier gevestig is tydens die kommandeurskap van Zacharias Wagenaer. Dit is hoofsaaklik 'n woongebied, met min of geen nywerhede nie, en 'n baie gewilde strandoord. Ingevolge sy oorspronklike titelakte is geen drankverkope hier toegelaat nie, dieselfde as in Pinelands.
Vishoek het, anders as ander suidelike voorstede van Kaapstad, steeds 'n redelike groot Afrikaanse gemeenskap met 'n eie laerskool, die Laerskool Paul Greyling, wat in 2007 129 leerders van gr. 1 tot gr. 7 gehad het. Die leerders voltooi gewoonlik hulle skoolloopbaan aan die Hoërskool Zwaanswyk, die laaste Afrikaansmedium-hoërskool in die suidelike voorstede, wat in 2007 ook parallelmedium geword het. Die NG gemeente Vishoek se lidmaattalle het verbasend tussen 2000 en 2007 van 1 000 tot 1 293 toegeneem.
[wysig] Bronne
- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.