Robertson
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Robertson is 'n dorp in die Kaapse Wynlanddistrik (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika) met 17 000 inwoners. Die dorp is vernoem na Dr. William Robertson, 'n Skotse predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Danksy sy ligging in die vrugbare Robertsonvallei is landbou nog steeds die steunpilaar in die plaaslike ekonomie. Vroeër het die dorp ook bekend gestaan vir sy wamakery, tog het die spoorweë ná die einde van die Tweede Vryheidsoorlog die vervoersektor begin oorheers en waens heeltemaal verdring. Ook die volstruisteelt is weens 'n ekonomiese krisis in dié bedryf ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog gestaak. Die boere in die omgewing het hulle vervolgens op die verbouing van wyn en vrugte en die teelt van renperde toegespits. Die plaaslike wynbedryf staan lankal bekend vir sy brandewyn en muskaatwyn.
Die dienstesektor, en veral die toerisme, speel 'n steeds belangriker rol op Robertson.
[wysig] Eksterne skakels
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |