Overberg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Overberg is 'n streek in Suid-Afrika, oos van Kaapstad anderkant die Hottentots Hollandberge. Dit is geleë langs die Wes-Kaap-provinsie se suidkus tussen die Kaapse skiereiland en die gebied wat as die Tuinroete bekendstaan in die ooste. Die grense van die Overberg is die Hottentots Hollandberge in die weste; die Riviersonderendberge, deel van die Cape Fold Belt, in die noorde; die Atlantiese- en Indiese Oseane in die suide en die Breederivier in die ooste.
Die naam beteken "oor die berg" en is 'n verwysing na die streek se ligging ten opsigte van Kaapstad.
Die streek is nog altyd as die broodmandjie van die Kaap gesien en word meestal vir graanlandbou — hoofsaaklik koring — gebruik. Die koringlande is 'n belangrike broeiplek vir Suid-Afrika se nasionale voël, die Bloukraanvoël. 'n Ander belangrike voedselsoort, wat in die Overberg verbou word, is sagtevrugte. Die Elginvallei is die tweede grootste verskaffer van vrugte in Suid-Afrika.
Die Kogelberg Biosfeer Reservaat naby Hermanus het 'n groot verskeidenheid blomplante wat nêrens anders in die fynbos -bioom aangetref word nie.
Die hoofdorpe is Hermanus, Caledon en Swellendam, en die streek sluit ook Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, in. Die landskap word oorheers deur golwende heuwels wat deur die see en berge ingesluit word.
Inhoud |
[wysig] Fotogalery
[wysig] Kyk ook
- Overberg Distrikmunisipaliteit, Wes-Kaap
- Overberg vuurpyllanseerterrein
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Kaarte
- Google Earth view of the Overberg Region
- Maps of Overberg Region, Towns and Trails
- Map of Overberg region
[wysig] Portale
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |