Napolitaans
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Napolitaans is 'n Romaanse taal, verwant aan Italiaans.
Napolitaans ( 'o nnapulitano or napulitano) word nie alleen in en rondom Napels gepraat nie, maar ook in 'n groot deel van die res van Suid-Italië, veral in Campanië, Basilicata en noordelike Calabrië.
Daar is wel 'n debat of daar sprake daarvan is of dit 'n Italiaanse dialek is, of 'n selfstandige taal. Die verskille met Italiaans is dermate groot, dat 'n Noord-Italianer met moeite Napolitaans kan verstaan.
[wysig] Uitspraak
Die uitspraak van Napolitaans is moeiliker as Italiaans, veral omdat klinkers dikwels toonloos uitgespreek word, en woorde aan mekaar uitgespreek word wat verandering van medeklinkers kan veroorsaak.
Byvoorbeeld:
'o Sole mio - o 'soole'mieje (en nie: o solee miejo nie)