J.M. Coetzee
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
John Maxwell Coetzee (geb. 9 Februarie 1940-) is 'n Suid-Afrikaans gebore skrywer. In 2003 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, die vierde persoon van Afrika, en tweede van Suid-Afrika wat die prys verwerf (die ander was Nadine Gordimer).
Coetzee is in Kaapstad gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en het in wiskunde en Engels gekwalifiseer.
In die vroeë 1960s het hy in Engeland gewoon, waar hy onder andere as rekenaarprogrameerder gewerk het. Hy het daaroor in Youth (2002) geskryf. Hy het daarna in die VSA gestudeer, en het as dosent in Engels en literatuur gewerk tot 1983. In 1984 het hy terug na Suid-Afrika gekom, as professor by die Universiteit van Kaapstad. In 2002, het hy na Adelaide, Australië verhuis, waar hy burgerskap ontvang het.
Hy was die eerste skrywer wat twee keer die Booker Prys gewen het, vir Life & Times of Michael K in 1983, en Disgrace in 1999.
[wysig] Boeke
- Dusklands (1974) ISBN 0140241779
- In the Heart of the Country (1977) ISBN 0140062289
- Waiting for the Barbarians (1980) ISBN 014006110X
- Life & Times of Michael K (1983) ISBN 0140074481
- Foe (1986) ISBN 014009623X
- Boyhood: Scenes from Provincial Life (1998) ISBN 014026566X
- Age of Iron (1990) ISBN 0140275657
- The Master of Petersburg (1994)
- Giving Offense: Essays on Censorship (1997) ISBN 0226111768
- Disgrace (1999) ISBN 0099289520
- Youth (2002) ISBN 067003102X
- Stranger Shores: Literary Essays, 1986-1999 (September 2002) ISBN 0142001376
- Elizabeth Costello (2003) ISBN 0670031305
- Slow Man (2005) ISBN 0-670-03459-2