Cederberg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Cederberg is 'n munisipaliteit in die Wes-Kaap binne die distriksgebied van die Weskus. Dit word begrens deur Matzikama in die Noorde en Bergrivier-munisipaliteit in die Suide. Die naam Cederberg, 'n samesmelting van die oorspronklike Afrikaanse naam Sederberg en die Engelse Cedarberg, is tans die amptelike en algemeen aanvaarde spelling .
Inhoud |
[wysig] Dorpe
Van die vernaamste dorpe in die munisipale gebied, is Citrusdal en Clanwilliam in die Olifantsriviervallei, Elandsbaai en Lambertsbaai aan die Weskus, asook Graafwater. Elk van die dorpe het 'n polisiestasie, die enigste vyf in die munisipale gebied wat sowat 7 338 km² beslaan, ietwat kleiner as Peurto Rico, maar groter as Brunei.
[wysig] Bevolking
Volgens die sensus van 2001 was die bevolking van Cederberg 39 323. Die aandeel van die vier rassegroepe was bruin: 30 764, wit: 5 404, swart: 3 130 en Indiër: 26. Weens mense van elders wat hulle op veral Clanwilliam en Citrusdal kom vestig, neem die swart bevolking redelik vinnig toe, iets wat in die onlangse verlede tot spanning tussen bruin en swart inwoners gelei het.
Die meeste mense praat Afrikaans (36 404), gevolg deur Xhosa (1 907) en Engels (403), hoewel die Xhosasprekendes vinnig toeneem.
[wysig] Opvoeding
Daar is 24 skole in die munisipale gebied. Clanwilliam en Citrusdal het elk twee hoërskole, terwyl daar ook 'n hoërskool op Graafwater is. Daar is ook heelwat klein, landelike laerskole wat hoofsaaklik deur die kerke bedryf word, of vroeër bedryf is.
[wysig] Media
Die gebied word deur twee gemeenskapskoerante bedien, Ons Kontrei van Vredendal en die Swartland en Weskus Herald, wat 'n spesiale Olifantsrivier-uitgawe publiseer vir die munisipale gebiede Matzikama en Cederberg en 'n kantoor het op Vredendal. Radio Namakwaland saai vanaf Vredendal ook na dié gebied uit.
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |